Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 49

•••••••

See , son en spierwit strande bederf

Senwes Equipment wenners

NUUS •••
R80 000 MAURITIUS-VAKANSIE SOOS ’ N TWEEDE WITTEBROOD

Wat ’ n wenprys ! ’ n Familiewegbreek na

’ n idilliese eiland . Dit is wat die afgelope 2016 / 2017 vakansie op die wenner van die derde been van die WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere kompetisie , Charl Fourie , asook sy vrou Raisa en tweeling kinders Daniel en Lilene gewag het . Die sprokiesmooi Mauritius se asemrowende natuurskoon , met see en son waarvan meeste net kan droom .
Die prys het Charl te beurt geval nadat hy , om die minste te sê , redelik voluit gegaan het en e-pos inskrywing op e-pos inskrywing ingestuur het . Sodoende het Charl homself ’ n baie beter kans gegee om die prys in te palm . En dit het gewerk ! Sy naam was toe wel die gelukkige een om uit ’ n massiewe aantal van 12 738 inskrywings getrek te word .
Charl en Raisa vertel dat die wegbreek ietwat van ’ n tweede wittebrood was . Hulle het op 3 Desember 2010 die knoop deurgehaak en einde 2016 was dit ook tyd vir hul sesde huweliksherdenking . Die verskil hierdie keer was dat hul familie gegroei het met die tweeling , wat op 12 Augustus 2015 gebore is en nou al amper ’ n jaar en ’ n half oud is .
Hulle wegbreek was heerlik met die swem , eeten slaaproetine wat ook lekker met die kinders uitgewerk het . Maar hulle moet bieg , dit was die tweede Mauritius-bederf nadat hulle in 2015 ook daar was .
’ n Bietjie meer oor Charl is dat die Pretoriagebore boerseun by Fourie Boerdery tussen Botha ville en Hoopstad saam met sy broer Johnny en pa Anton boer . Hy bly op die plaas Lambrechtsfontein , wat sowat 35 km buite die mieliehoofstad , Bothaville , uit op die Hoopstadpad is en boer op die plaas Hendrik Theron .
Uitvoerende Bestuurder : Senwes Equipment , Ferdie Pieterse , het gesê dat dit nogal lekker is dat Charl , soos die ander twee wenners , ’ n produsent is wat ’ n groot wenprys kon geniet .
Maar een ding is verseker , Charl en talle ander klante gaan na talle e-posse verseker nie vergeet van die naam Senwes Equipment nie ! So het
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017
47
Die wenners geniet die son en see van Mauritius .
Die wenner van die derde been van die WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere kompetisie , Charl Fourie , saam met sy vrou Raisa en tweeling Lilene en Daniel . Die wenprys is aan hulle oorhandig deur Jacques Stander ( Senwes Bemarkingsbestuurder ) en Ferdie Pieterse ( Uitvoerende Bestuurder Senwes Equipment ).
Charl verklap toe hy einde 2016 die prys by Ferdie Pieterse ( Uitvoerende Bestuurder Senwes Equipment ) en Jacques Stander ( Senwes Equipment Bemarkingsbestuurder ) in ontvangs geneem het .