Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 48

••••
DRUPPELS OP DIE DAK
Hoe verloop die seisoen ? > VERVOLG VAN BLADSY 45
DIE KUMULATIEWE REËNVAL VIR DIE PERIODE 1 JULIE 2016 TOT 31 JANUARIE 2017 paar klein gebiede het die grootste gedeelte van die gebied meer as 100 % van die langtermyn reënval ontvang . Veral die droë westelike Vrystaat het groot verligting ervaar en baie goeie reën ontvang .
Die reënvalsituasie vir hierdie seisoen tot einde Januarie 2017 word in die meegaande kaart aangedui . Op hierdie stadium het die suid-westelike deel van die Vrystaat nog nie baie reën ontvang nie . Dit is veral die Reddersburg , Smithfield en Rouxville gebiede wat nog uiters droog is . Die sentrale en oostelike gedeelte van die tradisionele Senwes gebied het tot op hierdie stadium baie goeie reën ontvang en die gewasse lyk belowend .
Die grafiek regs dui die verloop van die seisoen ten opsigte van reënval aan . Dit het veral gedurende Januarie baie goed gereën en die kumulatiewe reënval vir die seisoen is hoër as die langtermyn kumulatiewe reënval .
Grafiek 1 . ’ n Vergelyking tussen die gemiddelde reënval van 2015 / 16 en 2016 / 17 , sowel as die langtermyn reënval vir die Senwes area .
DIE STAND VAN DIE INDIKATORE VIR DIE 2016 / 2017 SEISOEN Op hierdie stadium is die seetemperature nog steeds laer as die langtermyn gemiddeld , wat ’ n goeie teken is vir klimatologiese vooruitsigte die res van die seisoen . Die verloop van die see­ temperature is van so ’ n aard dat hierdie seisoen nie as ’ n La Niñatipe seisoen kan kwalifiseer nie . Dit as sulks is nie ‘ n groot bekommernis nie . Die twee grootste mielieoeste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis het gedurende neutrale seisoene gerealiseer .
Die SOI is op hierdie stadium neutraal , wat ook tot ’ n mate van gerusstelling aanleiding gee .
Volgens die voorspelling vir die volgende vyf maande deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan ons gemiddelde tot bo-gemiddelde reënval vir die sentrale gedeelte van die somerreënvalgebied vir die res van die seisoen verwag .
46
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Die seisoen het op ’ n moeilike noot in veral die westelike gedeelte van die tradisionele Senwes bedieningsgebied begin , maar gelukkig het dit teen die einde van Desember 2016 goed begin reën . Die voorspelling vir die res van die seisoen lyk belowend . Ons bid , hoop en vertrou dat dit klimatologies ’ n geseënde seisoen sal wees .