Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Seite 44

•••• GRAANMARKVOORUITSIGTE
42
Februarie 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 41
veevoermark toe moet beweeg . Dit het die witmielieprys laat daal tot die berekende Randfontein uitvoer pariteitsprys . Al wat waarskynlik ’ n ommekeer in die prys gaan bewerkstellig is indien dit glad nie verder reën die seisoen nie , wat onwaarskynlik is .
Daar was ook ’ n baie groot verskil tussen die wit- en geelmielieprys ten opsigte van die Maart 2017 kontrak . Grafiek 3 dui die prysverskil tussen die Maart 2017 wit- en geelmielie kontrak prys . Die verskil was tot R1 500 per ton gedurende Maart 2016 . Dit het tot gevolg gehad dat van die saadmaatskappye ekstra ultra-kort witmieliesaad in die VSA laat vermeerder het . Dit het daartoe aanleiding gegee dat produsente gepoog het om meer witmielies aan te plant vir lewering in Maart 2017 . Dit het te laat gereën om vroeë witmielies onder droëlandtoestande te plant vir Maart 2017 lewering .
Grafiek 4 word gereeld gebruik . Dit dui die prysverloop van witmielies in terme van die berekende invoerpariteit , uitvoerpariteit en die Safex prys per kontrakmaand aan . Dit is duidelik dat die Suid- Afrikaanse witmielieprys die vermoë het om van die berekende uitvoerpariteit tot die berekende
Grafiek 5 . Afgeleide in- en uitvoerpariteite vir witmielies ( USA mielies ) Safex- Randfontein gebaseer .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Grafiek 4 . Die prysverloop van sonneblom en sojaboon Maart 2017 kontrak op die JSE / SAFEX
invoerpariteit te kan beweeg binne een seisoen . Die verskil tussen die twee pariteite kan tot meer as R2 000 per ton wees . Die witmielie prys is ook nie beperk tot die berekende in- of uitvoerpariteit nie . Dit kan onder die berekende uitvoerpariteitvlak en / of bo die invoerpariteitpariteitvlak beweeg . Produsente moet besef dat ’ n kommoditeitprys nie noodwendig op dieselfde vlak sal bly nie en hulle moet dus hul bemarkingsbesluite betyds neem .
Oliesadekompleks
SONNEBLOM EN SOJABONE Die sterker rand het onder andere sy tol hier geëis . Die sojaboonprys het redelik sywaarts beweeg , terwyl die sonneblomprys redelik gedaal het . Berekeninge wat gedoen is na die eerste aanplantskatting dui daarop dat daar óf sojabone óf sojaboonprodukte ingevoer moet word . Die aangeplante sojabone is te min om aan die persvraag in Suid-Afrika te voorsien . Dit laat die sojaboonprys op die vlak van die afgeleide invoer pariteit beweeg . Wat die sonneblomprysbeweging aanbetref , het dit redelik teruggesak . Volgens berekeninge gaan Suid-Afrika meer sonneblom produseer as wat die persvraag is . Die berekende oordragvoorraad kan dus styg , wat negatief op die prys sal impakteer . Die Europese Unie het ook ’ n heelwat beter oes gerealiseer as die vorige seisoen , wat die prys van sonneblomolie en sonneblom-oliekoek laat daal het .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Kommoditeitspryse is die afgelope tyd onder groot druk . Die groot oes wat waarskynlik op hande is , plaas verdere druk op die pryse . Verder het die rand redelik teenoor die dollar redelik versterk . Veral wat mielies aanbetref , gaan daar ook waarskynlik uitgevoer moet word en die internasionale prys van mielies is tans nie baie hoog nie . Die berekende uitvoerpariteit is tans wat witmielies aanbetref , ongeveer R2 000 laer as die berekende invoerpariteit . Produsente moet steeds in kontak met hul graanverkrygers bly en bemarkingsgeleenthede benut indien dit sou ontstaan .