Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 42

••••
GRAANMARKVOORUITSIGTE

Februarie 2017 : Markverwikkelinge

THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS , SENWES GRAINLINK
40
DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’ N BREË MARK OORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GRANE EN OLIESADE TE GEE AANGESIEN DAAR ’ N REDELIKE TYDSVERLOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PU BLI- KASIE DAARVAN IS .
Prysdrywers in die graanen oliesademarkte
Meegaande is ’ n skematiese voorstelling van die vernaamste veranderlikes wat tans ' n impak op die kommoditeitspryse op die plaaslike mark het . Daar gaan gepoog word om kortliks op die meeste van die veranderlikes te fokus . Ons sit tans met twee situasies , naamlik die ou seisoen grane en oliesade en die nuwe seisoen grane en oliesade .
OU SEISOEN SITUASIE ( 2016 / 17 BEMARKINGSJAAR )
• Plaaslike voorrade beskikbaar
• Verwagte wisselkoersbeweging
• Internasionale pryse
• Moontlike invoere
• Verbruik
• Verwagte vroeë lewerings ( Maart 2017 en April 2017 )
NUWE SEISOEN SITUASIE ( 2017 / 18 BEMARKINGSJAAR )
• Oordragvoorraad ( ou seisoen )
• Verwagte wisselkoersbeweging
• Internasionale pryse
• Verwagte produksie – Oppervlakte aangeplant – Verwagte opbrengs
» Klimatologiese faktore soos ryp , tropiese siklone en temperature » Verwagte reënval » Klimaatsvooruitsigte ( reënvalverspreiding , temperature ) – Verbruik – Moontlike in- of uitvoere
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Internasionale fundamentele faktore
INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE
Internasionale ekonomiese situasie Die vooruitsigte vir groei in die wêreldekonomie in terme van ’ n styging in die Bruto Binnelandse Produk is 3,53 %, wat gunstiger is as die voorafgaande paar jaar . Die ontwikkelde ekonomie se groeiverwagting bly egter maar aan die trae kant . Die matige groei in die wêreldekonomie gaan waarskynlik kommoditeitspryse tot ’ n mate ondersteun .
Energiepryse Meer as ’ n derde van die Amerikaanse mielieoes word verwerk vir etanol . Gedurende Maart 2012 het die prys van ruolie gedraai by $ 122 per vat en dit het die internasionale mielieprys in die omgewing van $ 7 per skepel laat draai . Weens verskeie faktore het die ruolieprys gedaal tot $ 28 per skepel gedurende Junie 2016 . Nuwe olievelde is ontdek , skaliebreking is op groot skaal toegepas en ander vorme van energie soos wind- en sonenergie het drasties toegeneem . Tans staan die ruolieprys op tussen $ 54 en $ 56 per skepel , wat minder steun vir die gewasse beteken .
WIT- EN GEELMIELIEPRYSTENDENSE OP DIE SUID-AFRIKAANSE BEURS Suid-Afrika kom uit een van die ergste droogtes die afgelope paar jaar . Veral die westelike gedeelte van die somergraanproduserende gebied het uiters swak oeste gerealiseer . Dit het reeds teen die einde van Januarie 2016 geblyk dat wit- en geelmielies ingevoer sal moet word . Op daardie stadium was die vraag van waar Suid-Afrika witmielies sal kan invoer . Die Departement van Landbou het ’ n beperking in terme van wetgewing op die invoer van geneties gemanipuleerde gewasse en produkte . Op daardie stadium was daar net GM-vrye witmielies van Meksiko beskikbaar en die FOB-prys was in die omgewing van $ 260 per ton . Dit het die ingevoerde mielies duur gemaak . Die witmielieprys op Safex het reeds teen Januarie 2016