Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 41

RUBRIEK •••
•••••••
Grafiek 2 : Bearish Flag
Grafiek 3 : Rising Wedge
BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
BRON : SAAMGESTEL DEUR OUTEUR .
gaan met laer hoogtepunte wat ‘ n afwaartse weerstandslyn vorm . Pryse sal in die rigting van die horisontale lyn breek ( gewoonlik dan ook in die rigting van die voorafgaande tendens ), met die projeksie van ’ n prysvlak wat dieselfde bepaal word as ‘ n simmetriese Triangle .
’ n Formasie wat baie soortgelyk is aan die Triangle , is die Pennant . Die formasie vorm op dieselfde basis as ’ n Triangle , met die verskil dat die Pennant oor ’ n aansienlike korter termyn vorm . Die interpretasie van die formasie bly wel dieselfde as dié van ’ n Triangle .
Flags Flags word beskou as een van die mees betroubare prysformasies binne tegniese analise en dui normaalweg ook op ’ n voortsetting van die primêre tendens . Flags word gevorm deur ’ n klein pryskanaal in die teenoorgestelde rigting as die voorafgaande tendens en is gewoonlik korter termyn formasies . Indien die prys deur die weerstandsvlak ( opwaartse primêre tendens – word verwys na as ’ n Bullish Flag ) of ondersteuningsvlak ( afwaartse primêre tendens – word verwys na as ’ n Bearish Flag ) breek , word die voorafgaande tendens voortgesit . In teorie behoort pryse ’ n wesenlike beweging te maak voor die Flag vorm , waarna dieselfde beweging verwag kan word indien pryse uitbreek . Die sterkte van ’ n uitbreek uit ’ n Flag word gewoonlik deur ’ n toename in verhandelingsvolume bevestig , en moet dus saam geanaliseer word . Grafiek 2 is ’ n grafiese voorstelling van ’ n Bearish Flag .
Wedges ’ n Wedge is ’ n formasie wat oor eienskappe van beide die Triangle- en Flag- formasie beskik . Die formasie dui
Die Senwes Scenario-redaksie vra om verskoning vir die foute wat tydens die produksieproses ingesluip het in die gedrukte weergawe van hierdie artikel . gewoonlik op ’ n voortsetting van die primêre tendens indien die formasie in die teenoorgestelde rigting van die voorafgaande tendens vorm . Indien die formasie in ’ n opwaartse tendens vorm ( dus neig die Wedge afwaarts ), sal ’ n uitbreek na bo dui op ’ n voortsetting van die opwaartse tendens . Hierdie word dan ook ’ n Falling Wedge genoem . Die teenoorgestelde is waar vir ’ n Rising Wegde in ’ n afwaartse ten ­ dens ( soos grafies voorgestel deur Grafiek 3 ). Indien ’ n Wedge in dieselfde rigting as die primêre tendens vorm ( Rising Wedge in ’ n stygende mark ; Falling Wedge in ’ n afwaartse mark ), dui die formasie op ’ n tendensommekeer . Die weerstands- en ondersteuningslyn wat vorm is nie parallel aan mekaar nie ( soos in die geval van die Flag ), maar konvergeer . Let op dat die lyne ook nie simmetries ( soos in die geval van die Triangle formasie ) is nie . In teenstelling met die Flag en Triangle , vorm ’ n Wedge normaalweg oor ’ n langer perio de .
Let wel dat die Wedge meer akkurate en suksesvolle verhandelingsgeleenthede uitwys indien dit vorm teenoorgesteld tot die heersende tendens . Verdere bevestiging is wel ook nodig en word stygende volume op ’ n uitbreek van die formasie weereens gebruik as ’ n goeie indikasie .
SLOT Deur slegs ’ n redelike begrip te hê van die bo ­ staan de inligting , is u reeds ’ n stappie voor die res . Dit is voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan maak , aangesien ’ n breek deur ’ n langer termyn ondersteunings- of weerstandslyn gewoonlik gekoppel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander .
Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleent heid om die verhouding tussen vraag en aanbod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in hierdie verhouding deur verskeie prysformasies aangedui word . Met ondersteunings- en weerstandslyne as basis , bestaan verskeie formasies wat geanaliseer kan word om moontlike koop- en verkoopseine te genereer . Die komende artikels fokus op die interpretasie van die formasies .
Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’ n groot verskeidenheid kommodi teite te bekom , skakel vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari . Geldenhuys @ senwes . co . za .
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 39