Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 34

••••
32
HANDELSNUUS
Opkomende boere > VERVOLG VAN BLADSY 30
grond besit van tussen 125 hektaar en 600 hektaar elk .
AD HOC-BOERE Boere wat nie in die intensiewe fase is nie , vorm deel van die sogenaamde ad hoc-boere . Julias sê dat hierdie groep opkomende boere groter is as die groep in die Intensiewe Ondersteuningsprogram . Dié boere besit oor die algemeen minder as 100 hektaar grond . Ons besoek hulle en verleen ondersteuning op ’ n daaglikse basis , gewoonlik sommer op pad na die boere in die intensiewe fase
BOERE WAT DIE PROGRAM VOLTOOI HET Boere wat die Sertifikaat van Erkenning ontvang het , is diegene wat die intensiewe fase voltooi het .
Hulle is nou meer onafhanklik en boer op hul eie , maar met Senwes op bystand .
WAAROM WORD OPKOMENDE BOERE ONDERSTEUN ? Die kort antwoord is dat daar baie uitdagings is wat hulle in die gesig staar en daarom verskaf Senwes uitgebreide ondersteuning aan hulle . “ Die ondersteuningsdienste word gratis aan opkomende boere verleen - Senwes dra al die koste ,” sê Julias . Hy voeg by dat die GFADA ( Grain Farmer Development Association ) hulle ook ondersteun aangesien hulle
Plaasbesoeke vind minstens een maal per week plaas , en soms meer dikwels indien nodig .
betaal vir grond regstelling en versekering .
ONS HET HULLE NODIG Julias beklemtoon dat dit ’ n noodsaaklike proses is omdat “ ons die boek deur ontwikkelingsprogramme moet vergroot . Dit is noodsaaklik om opkomende boere te ontwikkel omdat ons hulle nodig het in die lig van volhoubaarheid .”
Vir meer inligting oor die program , kontak Julias Ramohlabi by 083 314 7579 of 018 464 7156 of e-pos him by julias . ramohlabi @ senwes . co . za .