Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 28

••••
26
PROMOSIE-ARTIKEL
10 lesse oor mikotoksiene > VERVOLG VAN BLADSY 25
rumenmikroörganismes in die teenwoordigheid van sommige mikotoksiene verander word en nie die verwagte detoksifikasievermoë het nie .
4 . MIKOTOKSIENE KAN IN SOMMIGE GEVALLE MEER SKADELIK IN DIE RUMEN WORD Ruminale afbreking maak nie altyd mikotoksiene onskadelik nie . In die geval van searalenoon wat deur middel van protosoë tot a en ß-searalenol gemetaboliseer word , is daar bewys dat die betavorm ’ n minder toksiese metaboliet is , terwyl die alfametaboliet tot ’ n selfs groter estrogeniese samestelling vergeleke met searalenoon self lei .
5 . HOËR DEURVLOEI LAAT MINDER TYD VIR DIE RUMEN OM TE WERK Dit blyk dat daar ’ n sterk verband tussen die vlak van searalenoonafbreking in die rumen en die vlak van voerinname en die gevolglike retensietyd van die voer is . Hoogproduserende melkkoeie met ’ n daaglikse voerinname van 26 kg droë materiaal het byvoorbeeld hoër deurvloei en dit verminder die toegelate tyd vir detoksifikasie .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Tabel 2 – Faktore wat mikotoksiendeaktivering in die rumen belemmer .
Faktor
Beskrywing
Hoë produktiwiteit
Hoër deurvloei verminder die tyd vir detoksifikasie
Gedeeltelike / ongunstige afbreking
Meer toksisiteitmetaboliete word in die rumen vrygestel
Gemaskerde mikotoksiene
Groter biobeskikbaarheid van die ouerlike mikotoksien
Veelvoudige mikotoksiene in rumen
Mikroörganismes het ’ n laer afbrekingsvermoë
Asidose
Disbiose lei tot laer afbrekingsvermoë
6 . NIE ALLE MIKOTOKSIENE KAN MET TRADISIONELE METODES OPGESPOOR WORD NIE Gemaskerde mikotoksiene ( vanweë hul veranderde chemiese struktuur ) kan nie deur konvensionele ontledingsmetodes ( HPLC , ELISA ) opgespoor word nie . Tydens vertering kan die in ­ gewandsensieme die gemaskerde mikotoksiene kloof en die ouermikotoksiene word vrygestel . Ná vrystelling kan die mikotoksiene in die bloedsomloop geabsorbeer word en weer vir die dier toksies word . Die gevorderdste , kommersieel beskikbare mikotoksienopsporingsmetodes ( Spectrum 380 ®) kan meer as 380 mikotoksiene en metaboliete , insluitend talle gemaskerde mikotoksiene , identifiseer .
7 . ASIDOSE BEÏNVLOED RUMENFUNKSIE ’ n Bekende probleem binne herkouers is subkliniese of akute asidose ( SARA / ARA ). Hierdie sindroom van lae rumen pH kom dikwels op hoogproduserende melkplase voor , veral wanneer die voerregime verswak is of indien stressituasies die ruminale flora benadeel en tot disbiose lei . Daar word aanvaar dat die hoeveelhede protosoë tydens asidose afneem , en as een van die belangrikste mikotoksienafbrekende agente , lei dit tot traer afbreking en sodoende kan hoër vlakke van mikotoksiene in die ingewande beland en toksiese uitwerkings hê .
8 . VERSKEIE FAKTORE KAN LEI TOT DIE VERSWAKKING VAN DIE RUMEN SE VERMOË OM MIKOTOKSIENE AF TE BREEK Tabel 2 verduidelik verskeie faktore wat die afbreking van mikotoksiene in die rumen beïnvloed . Hetsy afsonderlik of tesame , afhangende van die omstandigheid , kan dit tot groter mikotoksienblootstelling en gevaar vir diere lei .
9 . BESKERMING TEEN ’ N BREË SPEKTRUM MIKOTOKSIENE BESKERM TEEN ’ N VERSKUIWENDE MIKOTOKSIENBEDREIGING ’ n Aantal algemene swamme wat in die veld voorkom , produseer ’ n verskeidenheid skadelike mikotoksiene wat die gesondheid en prestasie van melkkoeie verswak . Verskillende groepe mikotoksiene verskil struktureel van mekaar en dus is ’ n robuuste mikotoksienrisikobestuursprogram nodig wat verskeie strategieë of optredes kombineer om ’ n wye verskeidenheid mikotoksiene teen te werk .
10 . MIKOTOKSIENRISIKOBESTUUR IN 3 STAPPE Robuuste mikotoksienrisikobestuur behels verskeie stappe : opsporing , voorkoming en bekamping . Gereelde ontleding van rou materiale en kuilvoer kan help om die moontlike bedreigings vir diere bloot te lê . Goeie kuilvoerbestuur is noodsaaklik om verde re groei van swamme te vermy en sodoende die produksie van mikotoksiene te verhoed . Gereelde toediening van ’ n mikotoksiendeaktiveerder kan nie geïgnoreer word nie .
Die Mycofix ® -produkreeks van BIOMIN kombineer drie aksies – adsorpsie , biologiese afbreking van nie-adsorbeerbare mikotoksiene , en beskerming van die lewer en immuunstelsel . Akkurate voeding van melkkoeie tesame met volgehoue mikotoksienrisikobestuur is die sleutel tot die bestuur van die optimale prestasie van die lewendehawe-onderneming .
Behoorlike mikotoksienrisikobestuur is noodsaaklik om onvoorspelbare verliese te vermy en ’ n hoogproduserende melkkudde in stand te hou . Voorkoming van mikotoksienvorming moet in die veld begin , in die kuilvoerproduksieproses voortgesit word , en met die korrekte bestuur van die oop silo en voere eindig .