Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 27

10 lesse oor mikotoksiene in herkouers

PROMOSIE-ARTIKEL •••
•••••••
DIE MEESTE GRAAN SOORTE EN VOERE WORD DEUR ’ N WYE VERSKEIDENHEID TIPES MIKOTOKSIEN AAN- GETAS . HERKOUERS IS DAARVOOR BEKEND DAT HULLE ’ N REDELIKE VERMOË HET OM HULLESELF TEEN DIE SKADELIKE GEVOLGE VAN MIKOTOK SIENE TE BESKERM .

H ierdie vermoë hang af van die dier se vermoë om mikotoksiene in die rumen doeltreffend te deaktiveer , wat op sy beurt afhang van die voere wat lank genoeg in hierdie rumen- “ kompartement ” agterbly sodat rumenmikroörganismes behoorlik kan funksioneer .

Met groot hoeveelhede voer kom die risiko van verhoogde mikotoksienblootstelling , hoër deurvloeitempo ’ s en minder beskikbare tyd vir behoorlike voervertering voor . Namate diere groter hoeveelhede voer kry om produksie te verhoog , word dit moeiliker om te waarborg dat mikotoksiene doeltreffend in die rumen gedeaktiveer kan word . Volledige mikotoksien degradering in die rumen is dus onmoontlik .
Die meeste melkboere is deeglik bewus van die gevare wat aflatoksienbesoedelde voere vir koeie inhou en van die risiko van die oordrag van opgeneemde aflatoksiene na melk , wat tussen 1 en 6 % wissel en menslike verbruikers in gevaar kan stel . Wanneer die prys van melk gedaal het en produksiekostedruk toegeneem het , is boere geneig om ’ n mikotoksienrisikobestuursprogram te laat vaar .
Daar is 10 belangrike feite wat in ag geneem moet word rakende die invloed van mikotoksiene op suiwelproduksie .
1 . AFLATOKSIEN IS NIE DIE ENIGSTE GEVAARLIKE MIKOTOKSIEN NIE Reproduktiewe probleme is waarskynlik die gevolge van searalenoon , ’ n kragtige estrogeniese mikotoksien wat met ’ n aantal reproduktiewe kwessies verband hou . Aflatoksiene , searalenoon , deoksinivalenol , T-2-toksien , fumonisiene en okratoksien A is enkele van die mikotoksiene wat die algemeenste in volvoer , mielies en mieliekuilvoer voorkom . Hierdie bekendste mikotoksiene , aanbevole risikodrempels en hul effek word in tabel 1 gelys . nodig is . Die werklikheid dien hierdie mite ’ n nekslag toe . Talle melkprodusente regoor die wêreld het soortgelyke ervarings gehad , ’ n mikotoksienrisikobestuursprogram laat vaar wanneer melkpryse laag was of daar kostedruk was , om net skielik probleme met inseminasietempo ’ s , laer melkproduksie , diarree , verhoogde somatiese seltellings en ’ n hoër voorkoms van siektes soos hoefsiekte of mastitis , en voortplantingsmislukking te ervaar .
3 . DIE RUMEN SE VERMOË OM MIKO- TOKSIENE AF TE BREEK WISSEL BAIE Koeie se laer sensitiwiteit vir mikotoksiene is te danke aan die degradasie van mikotoksiene in die rumen . Rumenbiotransformasie van verskeie mikotoksiene vind deur middel van sekere mikroörganismes ( bv . protosoë ) plaas wat ’ n sekere vermoë het om bepaalde mikotoksiene te metaboliseer . Hoewel sommige navorsers aanspraak maak daarop dat toksienafbreking van sommige mikotoksiene tot 90 % kan wees , wissel ramings in ruim mate en verskil hulle vir elke mikotoksien . Verskeie studies het bewys dat
2 . HERKOUERS SE LAER SENSITIWITEIT VIR SOMMIGE MIKOTOKSIENE ? ’ n Algemene wanopvatting , aangesien melkkoeie minder sensitief is vir mikotoksiene as wat ander lewendehawespesies is , is dat mikotoksien risikobestuur dus opsioneel , of slegs in reaksie op ’ n ernstige mikotoksien uitdaging ,
> VERVOLG OP BLADSY 26
Tabel 1 . Belangrikste mikotoksiene en die gevare vir koeie .
Aanbevole risikodrempel ( dpb )
Gevolge
Aflatoksien
2
• Gewigsverlies en traer gewigstoename ( beeste )
• Verswakte rumenfunksie • Verswakte uiergesondheid
• Verhoogde somatiese seltelling • Minder weerstand teen omgewings • Mikrobiese stressors en groter vatbaarheid vir siektes
Searalenoon
100
• Infertiliteit , verlaagde bevrugtingstempo ’ s • Speenvergroting • Vergroting van melkkliere in ongedekte verse • Infeksies in die voortplantingskanaal
Deoksinivalenol
300
• Verswakte rumenfunksie • Diarree • Metaboliese versteurings • Mastitis • Metritis • Lamheid
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 25