Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 24

•••• KOLLIG
Chris Schoonwinkel
> VERVOLG VAN BLADSY 21
BOERDERY Chris beskryf sy boerdery as 98 % droëland akkerbou en 2 % beesboerdery . Hy het sowat 1 800 hektaar lande wat geplant kan word . Gewoonlik word sowat 1 200 hektaar mielies geplant , 270 hektaar koring en 150 hektaar sonneblom , met die res wat oorlêlande is . Gewoonlik laat hy sowat 10 % tot 15 % lande oorlê .
Die laaste jaar was dit egter baie moeilik en het hulle 200 hektaar mielies geplant met natuurlik die sonneblom en koring daarby .
UITBREIDING VAN DIE BOERDERY Chris noem dat hulle taamlik konserwatief is en ná die redelike goeie jaar van 2002 / 2003 het hulle begin uitbrei met die groot uitbreiding eers so ’ n dekade gelede in 2007 .
WERKERS Respek is die belangrikste faktor as dit by ’ n produsent en sy personeel kom . “ Daar moet altyd ’ n groot mate van respek wees . Ek respekteer my werkers en verwag dieselfde van hulle . Die ander aspek wat belangrik is met betrekking tot werkers is dat jy hulle moet kan vertrou . Maar om hulle te kan vertrou om die werk te doen moet jy seker maak dat hulle ten volle ingelig is . Hy is gelukkig om ’ n lae omset van werkers te hê . Baie van die werkers werk al tot 20 jaar hier en van hul familielede het ook op die plaas begin werk . Tans het hy 10 permanente werkers en vier seisoenale werkers .
FAMILIE Chris is al 22 jaar met Lizette getroud en hulle het drie kinders Louis , William en Benita . Louis is ’ n tweedejaar B . Com Aktuariële student en William

Vom Eisenwacht KUSA Reg . 1028906

Rottweilers

Ons teel met die eerste generasie afstammelinge van top bloedlyne , wêreldklas werkhonde , asook ingevoerde bloedlyne . Albei ouers het HD en ED gesondheidsertifikate . Bespreek jou hond nou : puppy @ rottweilerza . co . za
Ernst : 084 9151 459 www . rottweilerza . co . za
’ n eerstejaar B . Sc Agric student . Benita is ’ n graad 10 leerder in Oranje Meisieskool in Bloemfontein .
Die familie geniet alles wat met wapens te make het , van kleiduif skiet tot pyl-en-boogjag en wat lekker is , is dat ’ n sekere deel van De Rots reg aan die Vaalrivier lê , wat watersport natuurlik baie maklik vir die gesin maak .
RAAD AAN ANDER JONG BOERE Die eerste is dat ons eintlik nie met mielies boer nie . Ons boer hier met vog . Al ons gronde se watertafelvlakke is so 1.5 m tot 3 meter . Daar is verder baie wenke wat hy kan gee . Een brokkie goeie raad is dat daar gedurig en deurlopende kontantvloei moet wees .”
INTERESSANTHEDE BY WELGEGUND Die plaas Welgegund in die Wesselsbrondistrik is presies tussen Wesselsbron en Hoopstad geleë , 22 km vanaf Wesselsbron en 24 km vanaf Hoopstad . Sy plaas is op die grens van die twee Vrystaatse dorpies .
Die verhaal van die Hoopstad boereheld , Japie Greyling , het op die plaas reg langsaan syne afgespeel . Die ouer garde sal onthou van die klein 10-jarige boereheld van die distrik wat geweier het om sy vader , Barend , se kommando in 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog te verraai . Die Britse kaptein , Jack Sealy , het sy hand geskud en selfs die voorval in sy boek Fear and be Slain , gedokumenteer .
So is die plaas en gebied ryk aan geskiedenis en word geglo dat die derde generasie produsente nog geskiedenis sal maak .
22
Chris is ‘ n groot ondersteuner van John Deere .
Die plaashuis op Welgegund .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario