Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 23

•••••••
KOLLIG •••
Kolliehonde , Naledi en Tsadi groet jou en sien jou af by
Welgegund
Chris Schoonwinkel tussen die mielies op sy plaas Welgegund tussen Wesselsbron en Hoopstad .
MEER OOR CHRIS SELF Die Odendaalsrus-gebore man is al lank van hiérdie wêreld en het ook in 1984 by Wesselsbron gematrikuleer . Na twee jaar diensplig , waartydens hy by Bloemfontein en Middelburg ( Transvaal , vandag Mpumalanga ) gestasioneer was , en na hy sy B Agric graad in 1991 ver werf het , het hy saam met sy pa , Louis , begin boer en ’ n trotse tweedegenerasieprodusent geword .
PA LOUIS SY ROLMODEL Chris raak bewoë as hy oor sy pa praat . Want vir meer as ’ n kwart eeu lank het hy geweldig baie by sy pa geleer . Dis omrede hulle vanaf 1991 tot 2016 saam geboer het voordat sy pa in September verlede jaar ná ’ n hartaanval beswyk het .
Oor die jare het hy baie waarhede by sy pa geleer , en dit is dat jy “ ’ n eerbare en reguit pad moet loop . Mense moet op hoogte wees van waarmee jy jou besig hou .”
Dan is daar sekere gesegdes wat hy by sy pa geleer het - “ Jy moet altyd ’ n pit in die grond hê ” en “ As die saad in die stoor lê dan sal dit nie groei nie .” Dit beteken in kort dat mens soms ’ n kans moet vat . “ As dit lyk of die na tuur reg is en wil saamspeel , moet jy dit aangryp .”
ANOMALIEË Chris noem dat mens baie teenstrydighede hier kry . “ Jy kry soos vanjaar die mooiste mielie wat in die saad kom , en dan reg langs hom staan so ’ n klein ou mielietjie .
“ Dis maar windskade ,” sê hy . Hulle moes eintlik vanjaar vroeër geplant het . Normaalweg plant hulle so vanaf 15 tot 20 November met die mielies wat vroeg Februarie in saad kom . Die produsente wat nog vroeër geplant het , het baie minder windskade en hul mielies is verskriklik mooi . Maar vir dié wat later geplant het , is daar geweldige skade . Niks wou regloop nie .” Die rede hoekom hulle wag om te plant is “ dat die reën baie keer in Januarie net wegbly – daarom wag ons gewoonlik ’ n bietjie , maar vanjaar het dit nie gewerk nie .”
REËN Van reën gepraat , vir Chris was die begin van die seisoen sover baie belowend . Hy het 300 mm reën ontvang terwyl dit in die laaste drie jaar omtrent die totale jaarlikse reënval was . Gemiddeld ontvang die gebied sowat 470 mm .
Verdere probleme hierdie seisoen was dat daar geen stoppels op die lande was nie en alles net sand was en saam met die wind het dit baie skade veroorsaak . “ Ons moes van die lande wat in November geplant is , oorplant en vandaar het ons so tussen 8 Desember en 2 Januarie geplant .”
SENWES My pa was sy hele lewe lank ’ n lid van Senwes . Chris volg hier ook in sy pa se voetspore en doen omtrent al sy besigheid hier . Van finansies by Senwes Credit , die manne by Senwes Equipment by die werkswinkel , asook die aankope by die Hinterland tak .
JOHN DEERE Op hierdie plaas loop daar ook net John Deeres en omtrent alles word met ses John Deeres verrig . Nog twee ander doen die los werk . Daarbenewens is daar ook drie planters asook stropers . Sy hoogloopspuit maak ook sy lewe maklik om onkruidbeheer toe te pas .
> VERVOLG OP BLADSY 22
Onkruidbeheer word toegepas .
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017 21