Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 22

•••• KOLLIG
Die prentjiemooi populierlaning lei jou na dié plaas .

Chris Schoonwinkel

SENWES PRODUSENT IN WESSELSBRON , CHRIS SCHOONWINKEL IS ‘ N SANDVELD PRODUSENT MET ENORME PASSIE . EN OP SY PLAAS IS DAAR OMTRENT GESKIEDENIS .
AUBREY KRUGER

’ n ware Sandveldboer

Dit alles kom jy gou agter die oomblik as jy afdraai van die R34 tussen Wesselsbron en Hoopstad , soos Chris dit stel , sekerlik die swakste pad in Suid-Afrika , en dan ewe skielik so tussen die prentjiemooi ellelange populierlaning van ’ n paar honderd meter na die plaas Welgegund ry .

Later sou ek by Chris hoor dat hierdie bome reeds in 1966
JARE SE GESKIEDENIS OP DIÉ PLAAS
geplant is , op 6 September om presies te wees , en dus reeds 50 jaar lank staan . Die ouer garde sal weet hoekom Chris die dag so goed kan onthou - dit was op die dag van dr Verwoerd se dood . Snaaks genoeg vier Chris op 11 Februarie 2017 ook sy eie 50ste verjaarsdag . So vier die plaas en sy mense letterlik op verskillende wyses ’ n halfeeu van sukses op hierdie grond .
GESKIEDENIS Die plaas Welgegund kom van sy ma Ellen se kant en sy pa het later die plaas uitgebrei na Vlakwater , Quaggavlakte , De Rots en Zandheuwel . Sy pa , wat vanaf 1971 ernstig begin boer het , was die eerste generasie Schoonwinkels hier .
20
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
Schoonwinkel ! Die plaasbord dui duidelik aan wie hier boer .