Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 16

•••• AREAFOKUS
14
Wesselsbron > VERVOLG VAN BLADSY 13
OUVOLK Nog ’ n unieke kenmerk is dat ’ n reptiel genaamd die ‘ sungazer ’ ook beter bekend as ouvolk , in die gebied voorkom hoewel hulle getalle deesdae baie laer is .
SPORT Van die sporthelde uit die distrik sluit in Springbok voorryslot Martiens le Roux , wat in die bekende 1976 Curriebeker-finaal gespeel het , toe die Vrystaat die laaste keer die beker omhoog kon hou voordat hulle dit eers weer in 2005 reggekry het . Martiens is net na die gelykopuitslag tussen die Blou Bulle en die Vrystaat in die 2006 finaal , oorlede .
Skroef van Rooyen ( Vrystaat ) is nog ’ n rugbyheld van die omgewing . Hy werk boonop by die
Ouvolk of die sonkyker kom in die geweste voor .
Hinterland tak in Wesselsbron by Certisure . Daar is ’ n Skroef van Rooyen Rugbymuseum op die dorp .
Ander rugbysterre is oud-haker Dirk van der Merwe ( Nood-Vrystaat ), asook die broers Chris , Sas en Tokkie Kasselman .
Sport is in die dorp ook sinoniem met die Frikkie Cronjé Park waar rugby , krieket , netbal , tennis , rolbal en muurbal asook atletiek beoefen word .
Rugbyklub Voorsitter van die Wesselsbron Rugbyklub , Desmond Reed is trots op hul geskiedenis wat ten minste vanaf 1938 / 1938 strek . Hy noem dat die span ’ n liedjie het wat Mieliemanne heet wat hulle tydens wedstryde sing .
Hulle sing die lied al sedert 1955 .
Gholfklub Gholf is ook op die mieliemanne se agenda . Die voorsitter van die Wesselsbron Gholfklub , Warren Laubscher , vertel dat die 9 setperke en 18 bowwe ’ n aanwins vir die dorp is . Hy sê dat die klub terugdateer tot 1981 en die klub het tans sowat 42 lede .
Dan is daar ook die rolbalklub wat in 1984 gestig is .
Dit is dan Wesselsbron in al sy glorie . Wanneer jy volgende keer die dorp besoek , is daar beslis ‘ n tydverdryf of twee wat jou sal motiveer om dalk so ' n dag of wat langer te bly .