Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 14

••••
AREAFOKUS

WESSELSBRON

Bron van landbou

bron van ons voeding

12
WESSELSBRON EN SY MENSE HET BAIE SINONIEME : VRYSTAAT WÊRELD , MIELIEMANNE SANDVELD EN PANNE- VELDWÊRELD . HIERDIE MIELIEDORP HET BAIE OM OOR TROTS TE VOEL .
AUBREY KRUGER
WAAR KRY WESSELBRON SY NAAM ? Die dorp is vernoem na Kommandant CJ ( Cornelis Janse ) Wessels wat as Kerneels bekend gestaan het . Wessels was bekend daarvoor daar hy die Beleg van Kimberley gelei het , wat vanaf 14 Oktober 1899 tot 15 Februarie 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog geduur het . Wessels was ook vir 21 jaar lank lid van die volksraad vir die Hoopstad distrik . Die bron van Wesselsbron , ’ n sterk waterbron
Die dorp is vernoem na Kommandant CJ Wessels .
100 jaar ! Die kenteken wys dat die dorp in 2018 sy eeufees vier .
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
wat in Willemsestraat gevind is , maak die res van die naam op .
AMPER 100 JAAR Die dorp is op 11 Junie 1918 gestig en op die plaas Zoetvlei aangelê , wat beteken dat die landboudorp sy 100-jarige bestaan volgende jaar vier .
Soos jy deur die dorp ry , is die straatname meestal voorletters en vanne . Interessant is dat meeste vertikale strate , wat langs die lengte van die dorp afloop , na volksleiers vernoem is soos Presidente Brand , Hertzog en Steyn , asook Louis Botha . Die dwarsstrate is vernoem na belang rike persone wat ’ n rol gespeel het in die vorming van Wesselsbron .
SENWES SE WESSELSBRON SILO ’ S - DIE GROOTSTE Mike Jacobs is die projekbestuurder by die Wesselsbron silokompleks , wat uit drie silo ’ s bestaan , naamlik 234 , 235 en 277 . Mike vier vanjaar sy 20ste diensjaar by Senwes . Vir die afgelope twee jaar is Mike die projekbestuurder by Wesselsbron . Wat diensjare aanbetref sonder hy Gawie Rossouw ( Silobestuurder by 277 ) uit met sy 30 jaar dienstoekenning wat hy einde 2016 ontvang het .
GROOTSTE SILOKOMPLEKS IN DIE SUIDELIKE HALFROND Die kapasiteit van die Wesselsbron silokompleks is 297 220 ton en met die 108 buise is dit ook die grootste silokompleks in die Suidelike Halfrond .
Silo 234 Silo 234 het ’ n totaal van 68 buise . Silo 234 het dus ’ n totale kapasiteit van 127 120 ton .
Silo 235 Silo 235 het 12 buise met ’ n totale kapasiteit van 42 000 ton .
Silo 277 Silo 277 het 28 buise met ’ n totale kapasiteit van 128 100 ton .
Gewasse wat hanteer word by Silo 277 is mielies , sojabone en sonneblom . Silo 235 hanteer hoofsaaklik witmielies , maar was as gevolg van die droogte die afgelope seisoen gesluit . Silo 234 hanteer feitlik alles , vanaf wit- en geelmie lies tot koring en sonneblom . Hier is ook spooruitlaaifasiliteite , maar daar word baie meer van padvervoer gebruik gemaak . Die kompleks het ook ses
Mike Jacobs is die projekbestuurder by die Senwes Wesselsbron silokompleks .