Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 10

••••
NUUS

Die gesprek gaan voort op

Nasie in Gesprek in 2017

DIE VERFILMING VAN DIE VOLGENDE NASIE IN GESPREK-REEKS , WAT SEDERT 4 JANUARIE 2017 UITGESAAI WORD , HET IN NOVEMBER 2016 BY DIE BROOKLYN TEATER IN PRETORIA AFGESKOP .
Die Nasie in Gesprek-reeks het afgeskop met ’ n nuwe baadjie met aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie . Moet dit nie misloop nie !
MARLON ABRAHAMS

Dié gerespekteerde landbougeselsprogram , wat deur

Senwes geïnisieer is en sy buiging vier jaar gelede by Nampo gemaak het , het in beide reputasie en statuur gegroei as dié program om te kyk and hanteer kritiese landbousake . Gesoute aanbieder , Rozanne McKenzie , wat kykers sal herken as een van die aanbieders van Dagbreek op Kyknet , sluit by die gereelde aanbieder , Theo Vorster , aan .
Die reeks sprei sy vlerke wyd hierdie keer en besoek die asemrowende wynlande in die Kaap , sowel as die skouspelagtige vrugte- en melkproduksiestreke in die mooiste Kaap .
Laai die Nasie in Gesprek Toep af van die App Store en hou die pers dop vir uitsaaibesonderhede . Die nuwe reeks sal op Kyknet , Sowetan TV en Business Day TV gebeeldsend word en op YouTube beskikbaar sal wees . Uitsaaidatums en -tye is beskikbaar op die Nasie in Gesprek Toep .
Die nuwe reeks bied onderhoude en ateljee-ontledings met kundiges in die bedryf en deel unieke en insiggewende inligting met betrekking tot landbou , vanaf die plaashek tot op die tafel . Die eerste vier episodes werp lig op die wyn- , skaap- , vrugte- en melkbedryf . Nasie in Gesprek mediavennoot , Landbouweekblad se Chris Burgess , bring sy jarelange ondervinding van dié bedryf na die tafel en deel sy insigte oor die landbouwaardeketting van die landboubedryf .
Onthou , as jy ’ n opinie het oor die toestand van landbou in Suid-Afrika , hoef jy nie ’ n ateljeegas te wees nie . Jy kan eenvoudig net die toep aflaai en op die wyse deelneem deur jou vrae te stel en insette te lewer !
PLATINUMVENNOTE GOUE VENNOTE VOERTUIGBORG
8
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario