Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 19

HANDELSNUUS •••
•••••••
Johan Styger by twee van sy drie Pionters .
wat lekker is vir my ,” lag hy terwyl sy Pointers , Kaizer , Tarka en Rommel , om ons baljaar . Johan het jare se kennis en ervaring in die ingenieursveld . Hy het ’ n B . Ing graad in 1980 behaal en daarna sy B . Ing ( SIV ) ( Hons ) in 1986 . Na ’ n paar jaar by ’ n raadgewende siviele ingenieursfirma het Johan sy eie ingenieursbesigheid , MDCC , in 2000 in Klerksdorp op die been gebring . Hy was die Besturende Direkteur maar fokus nou meer op sy spesialisveld , naamlik ontwikkelings- en projekbestuur . elke faset reg doen , want dit is wat presisieboer dery behels .
• Vrugbaarheid is 50 % van die suksesresep – “ Met ’ n swak kalf , het jy darem nog iets om te verkoop . Maar as jy geen kalf het nie , het jy niks om te verkoop nie .”
• BTB se vroulike diere hardloop ’ n hekkieswedloop . As hulle oor enige hekkie nie kom nie , word hulle uitgeskot . Die eerste hekkie is om dekgewig te bereik op 13 maande en in 45 dae dragtig te raak en daarna elke jaar ’ n kalf suksesvol te speen . Indien al jou koeie dragtig raak , beteken dit dalk jy spandeer te veel aan byvoeding en is daar te min druk op vrugbaarheid in jou kudde om regtig enige genetiese vordering te maak .
• Johan se projekbestuurbenadering kom baie handig te pas . Op speendag word al die genetiese metings gedoen . Om bestuur te vergemaklik en groot druk op vrugbaarheid te plaas , is daar slegs ’ n enkele jaarlikse dekseisoen van 45 dae .
• Koop die regte voer aan vir die regte doel en maak seker van die naverkoopdiens .
• Die belangrikste ding met betrekking tot voeding is dat jy die hulpbronne tot jou beskikking optimaal moet benut .
* Kyk gerus uit vir die tweede deel van die artikel in die volgende uitgawe .
OOR VOEDING Om mee te begin gaan dierevoeding vir hom eenvoudig oor twee dinge , naamlik kwaliteit en prys . “ By dierevoeding is ek altyd bereid om meer te betaal vir tegnologie . Die regte voeding van bulle is van groot belang omdat elkeen van hulle moontlik ’ n stoetbul kan word .” Genetika teenoor voer
Daar is ’ n ou gesegde : “ half the breeding is in the feeding .” Dit beteken in kort dat jy ’ n baie gewone bees baie goed kan laat lyk deur voeding want vet steek foute weg . Maar , voeg Johan gou by : “ Dis nie waarnatoe ek op pad is nie .”
Hy beperk ook die beeste wat hy skou , omdat voeding eintlik die werklike genetiese potensiaal verbloem . “ Voeding verbloem ook die belangrike enkele element , naamlik vrugbaarheid ,” sê hy . Johan verduidelik dat in ’ n goeie jaar , al die koeie dragtig raak . Maar daar is altyd ook die minder vrugbare koeie in elke trop . Die afgelope droogte wys hierdie mindere vrugbare koeie uit .
’ N PAAR GEHEIME VAN BTB SE BEESBOERDERY Johan het ’ n paar geheime van sy beesboerdery met ons gedeel :
• Omdat marges klein is , moet jy die beste beskikbare tegnologie en genetika gebruik en
SENWES Scenario • FEB / MRT 2017
17