Senwes Scenario Februarie / Maart 2017 | Page 6

•••• HOOFARTIKEL

Tussentydse Resultate met Francois Strydom

4
SENWES SCENARIO HET BY SENWES SE GROEP HOOF UITVOERENDE BEAMPTE , FRANCOIS STRYDOM , GAAN INLOER OM DIE TUSSENTYDSE RESULTATE BREEDVOERIG TE BESPREEK .
AUBREY KRUGER
‘ N TIPIESE SENWES SEISOEN In effek bestaan Senwes se jaar eintlik maar uit vier maande , naamlik November , Desember , Januarie en Februarie . Dis die tyd wanneer die aktiwiteite van ’ n groot deel van die klantebasis op sy heel hoogste is . Dit is bewerking- en plantseisoen . Hier spandeer ’ n produsent ’ n bepaalde hoeveelheid geld aan sy mielieoes totdat dit op ’ n bepaalde hoogte is , dan maak hy spreekwoordelik die hekke toe . Hy kan dalk nog êrens bespuiting doen , maar die diesel , saad , meganisasie , skoffel , spuite en topbemesting is neergesit . Uit ’ n kostebenaderingsiklus is dit hierdie vier maande wat kritiek is - die hoogtepunt van Senwes se ekonomiese siklus . Dit is die rede waarom produsente eers Maart / April met verlof gaan en Senwesters van November tot Februarie moet werk .
WAT DOEN SENWES IN WESE ? Onthou , ons staan tussen die produsent en die verwerkingsbedryf . Senwes is in wese ’ n verspreider
FEB / MRT 2017 • SENWES Scenario
van produkte en dienste . Ons versprei die insetprodukte na produsente , dan versprei ons weer die produsente se geproduseerde produk na die verwerkingsbedryf . Dit is ons besigheid .
HOE LYK ONS RESULTATE ? Ons het omsetgewys ’ n 25 % verhoging tot R5,7 miljard behaal , vir die eerste ses maande , wat hoofsaaklik deur baie hoë kommoditeitspryse gedryf is met witmielies wat by die R5 000 per ton gedraai het . Vandag is die prys R3000 . Die EBITDA het met 9.6 % verhoog na R262 miljoen . Op die EBIT-lyn is ons met meer as 10 % op vanaf R217 miljoen na R240 miljoen , maar die nettowinslyn is af vanaf R103 miljoen na R91 miljoen .
HOEKOM IS ONS NETTO WINS LAER ? Die groot rede vir die daling in die netto wins is omdat die omset hoër was as gevolg van kommoditeitspryse . Nou is jou balansstaat groter en die rentekomponent dus ook groter . Verder is ons besigheids eenhede natuurlik ook steeds onder druk as gevolg van die droogte .
HOE VERTOON ONS IN TERME VAN BESIGHEIDSPRESTASIE ? Marktoegang het R57 miljoen bedryfswins getoon , insetverskaffing R31 miljoen bedryfswins en finansiële dienste ’ n bedryfswins van R69 miljoen . Gegewe die siklus is dit ’ n baie goeie prestasie . Natuurlik is besighede binne ons portefeulje onder druk wat insetbesighede soos Hinterland en Prodist aanbetref . Ons fokus skerp op ons debiteureboek aan die kredietverskaffingskant . Ons verhandelingsbesigheid het baie lae volumes ervaar met Grainlink en Tradevantage wat ook onder druk verkeer .
FRANCOIS HERINNER ONS AAN DIE PRODUSENTEKANT – DIE BEGIN VAN DIE SIKLUS Wat omset aanbetref verteenwoordig die produsentekant van ons besigheid eintlik minder as 50 % van ons besigheid . Maar wat van belang is , is dat dit die begin van die siklus is . Verwerking , logistiek en finansiering is hoër aan die omsetkant omdat daar reeds waarde bygevoeg is by die produk . As jy nie ’ n ton wat ’ n produsent geproduseer in die waardeketting plaas nie , dan kan die ander kant ook nie funksioneer nie . Dit is ’ n interessante konsep . Miskien aanvaar almal dit as logies .
Ons is aan die begin van die voedsel ketting . Ons is min of meer ’ n miljoen produsente , wat almal insluit soos groot , medium en klein produsente , van bestaans- tot beginnerprodusente en tot ’ n groot mate selfs vrouens wat groente produseer vir hul eie gesinne . Aan die ander kant is daar weer tussen 45 en 55 miljoen verbruikers in Suid-Afrika . Daarbenewens voorsien ons ook in 30 % tot 40 % van die SAOG se voedselbehoeftes .
DIE SIKLUS VAN SPANDERING Die spanderingsiklus van die suidelike halfrond in die somersaaigebied is vir ons belangrik .