Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 7

A L G E ME E N POSITIEWE ASPEKTE IN ONS BESIGHEID Ons gaan aan met ons programme. Veral met sentrale graanopberging, waar ons die innamekapasiteit, sowel as die innamespoed en die vermoë om graan te deurlug, verhoog. Ons gaan ook voort om die Graintech program uit te rol wat ‘n kapitaalbesteding van ver oor die R100 miljoen behels. Indien mens in slegte tye daarmee sou stop, moet jy dit sekerlik bevraagteken. Die afgelope 18 maande het ons twee megatakke op Wesselsbron en Hoopstad geopen. Natuurlik plaas dit ons onder druk oor die korter termyn. As mens egter nie nou belê nie, benadeel jy jouself as dit weer beter gaan. Verder het ons ook besluit om Grainovation se totale vloot te vervang. Dit is reeds ‘n paar jaar oud met sommige vragmotors wat reeds 800 000 km op die klok gehad het. Senwes het ook die grootste enkele mieliekontrak in die land suksesvol beding en in die proses met 12 ander bieërs en al die multi-nasionale maatskappye wat deel was van die proses, gekompeteer. Die mieliekontrak is die afgelope 15 jaar reeds toegeken aan een van dié multi-nasionale maatskappye. Die hoogste trekkermarkaandeel in die geskiedenis is deur Senwes Equipment gehandhaaf. Tydens die eerste 6 maande van die finansiële jaar was daar ‘n positiewe kontantinvloei van R500 miljoen. Operasionele aktiwiteite alleen het ‘n positiewe kontantsituasie van R187 miljoen gereflekteer na koste en belasting. ‘n Goeie dividendvloei word gehandhaaf, wat beteken dat positiewe kontantvloei vir boere dadelik beskikbaar is. Aandeelpryse is ook gehandhaaf, wat boere met ‘n beter vermoë laat om hulself te handhaaf. BETROKKENHEID MET AKSIES RONDOM DIE DROOGTE Ons het vyf aksies geloods. Die Droogterampfonds is op die been gebring met Senwes wat self R1 miljoen geskenk het, asook groot bydraes van ander besighede. Hinterland het met die onmiddellike behoefte rondom veevoere en waterbehoeftes gehelp in die vorm van minimale marges op toerusting en ander produkte (R4.5 miljoen se marges in totaal). Grainovation het bystand verleen met gesubsidieerde vervoer van ruvoer. Landboudienste verleen droogtebestuurshulp vir die aktiewe bestuur van diere en aanplantings. Ook by Senwes Credit word daar persoonlik en nougeset met elke kliënt ontmoet om sy besondere situasie te evalueer. WAT BETEKEN DIT ALLES? “Dit beteken dat ons besig is om op ‘n humanitêre vlak in te gryp. Nie net by Senwes produsente en hul werkers nie, maar op alle vlakke. Die manier hoe ons elke kliënt hanteer getuig van begrip, geduld en die behoud van besigheid.” REALITEIT NOU IN LANDBOU Die regering se vermoë om kommersiële landbou te ondersteun is beperk. Dit is ‘n ekonomiese en politieke werklikheid. Hulp word aan beginnerboere gelewer in ‘n poging om stemme te werf. Die kommersiële landbousektor is egter op homself aangewese. Dit laat ‘n groot leemte, maar ons sal aanhou vra vir hulp. “In my daaglikse skakeling met groot besighede in die sektor wat soos ons lyk, inset- en diensverskaffers hoor ek net van positiewe ondersteuning.” “Ek dink nie daar is ‘n ander sektor wat mekaar op dieselfde wyse ondersteun nie. Die realiteit is egter dat jy jou besigheid ook in hierdie tyd moet beskerm. So, jy •• ••• •• kan nie bloot nou alle besigheidsdissiplines oorboord gooi en deure oopgooi nie.” OP GEESTELIKE VLAK Senwes het openlik sy afhanklikheid van die Skepper verklaar en aan verskeie bidaksies deelgeneem. Ons erken met oorgawe dat ons van die genade van ons Hemelse Vader afhanklik is. TEN SLOTTE Die realiteit is dat dit waarskynlik eers slegter sal gaan voordat dit beter sal gaan. Die effek van die droogte sal vir die volgende drie jaar gevoel word. In Senwes se geval sal die impak op die huidige jaar waarskynlik tussen R40 miljoen en R80 miljoen wees en sowat R120 miljoen na R180 miljoen in die volgende jaar, gebaseer op die aanname dat 2016 ‘n normale jaar sal wees. As daar weer ‘n droogte is, sal dit absoluut katastrofies wees. “Ek dink ons het die situasie op die