•••
RUBR I E K
MILANIE VOSLOO
GELAPTE GELOOF
FOTO: LEEF
WEN
DAAR IS GEEN
HOPELOSE SITUASIE
NIE, NET MENSE WAT
HOOP VERLOOR HET
MET ‘N SITUASIE, HET
WILLIAM BARCLAY
GESÊ.
D
is stofwolktyd in ons
SA-landbou. Droë
sandwinde het die plek ingeneem
van groen spriete. Grondhervorming en plaasaanvalle bly
maar loei-geluide om ons harte.
En die mense wat deur ons boere
gevoed moet word, word meer ...
Ek dink nie God sou enigeen kwalik neem wat in dié tyd
moedelose vrae vra nie. Ons
Vader ken immers Sy kinders,
verstaan ons eg menslikheid en
weet presies hoe maklik omstandighede ons eie harte, ons
menswees, verhoudings ... ons
geloof ... kan beïnvloed. Hy was
immers self eg méns. Tog bly God
Gód. Ons moet Hom toelaat om
God te wees en in die stille wete
leef dat Hy – selfs in ballingskaptye – Sy volk in Sy hande
vashou. Dat Hy juis sulke tye
onsigbare genade oor sy mense
vou. En dat Hy – op Sy tyd en
Sy manier – weer uitkoms bring.
Soos in die boek Jesaja, waar ons
lees hoe Hy aan sy volk wat in
gevangeneskap is, weer hoop gee:
56
Die Here het Sy volk jammer
gekry. Die Here maak Jerusalem
weer vry. Die Here wys vir die
nasies hoe geweldig sterk Hy is
... Die Here self sal voor julle
uitgaan. Hy sal julle van agter af
beskerm. Jesaja 52:9b, 10, 11c.
Miskien moet ons in
stormwindtye weer toelaat
dat die Gees opnuut deur
ons waai. Hom vra om ons
menslikheid met Sy Gees te
vul sodat die vl [H