Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 54

••• T O E K O MSF O KUS Tsusaka gesê dat daar maniere is om die Vierde Industriële Revolusie te bemeester, maar dat leierskap nodig is om geleenthede te identifiseer. Sy het drie vereistes vir die behaling van sukses beklemtoon: 1) Suksesvolle maatskappye bly aan die voorpunt deur die besigheid te bedryf en te herskep! Dit beteken dat bestaande besigheidsmodelle nie oorontgin moet word nie, maar nuwe geleenthede ook ontgin moet word. ‘Explorers grow faster and deliver higher value than exploiters!’ 2) Selfvoldoening lei tot die dood! Besigheidsleiers kan dit nie bekostig om weg te skram van verandering nie. Dit mag beteken dat ou stelsels of besigheidsprosesse vernietig moet word - sy noem dit ‘kreatiewe vernietiging’. Die beste leiers probeer nie om die verlede te bewaar nie hulle is uitvinders van die toekoms. 3) Dit sou wys wees vir besighede om ‘die regte’ diversiteit te aanvaar. Diversiteit sal voorkom dat enige besigheid die risiko loop om ’n monokultuur te wees en dit skep ’n platform vir innovasie en aanpassing. Individue met verskillende agtergronde se sienings verskil fundamenteel en hierdie smeltkroes van idees het beter besigheidsresultate tot gevolg. Sy beklemtoon die belangrikheid om die regte diversiteitsdrywer te kies deur te sê dat besighede moet nie ongekwalifiseerde kandidate bevorder, bloot ter wille van diversiteit nie. Dit is maklik om weggevoer te raak deur die strewe na diversiteit ten einde getalle te verhoog, maar kwaliteit troef kwantiteit elke keer. Dit neem tyd om top talent te vind en te bevorder maar wanneer dit gedoen word, werp dit vrugte af. Tsusaka sê ten einde ’n wenner in die nuwe besigheidsomgewing te wees, ’n veranderde ingesteldheid nodig is aangesien die status quo of ‘besigheid soos ons dit ken’, nie vir baie lang \