Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 53

••• T O E KO MSF O K US JENNY MATHEWS Wees gefokus op geleenthede – Die Vierde Industriële Revolusie! I n ’n poging om bietjie af te koel tydens die onlangse hittegolf, het ek dikwels die gordyne voor my vensters, waardeur ek gewoonlik die sonlig en vars groen en wit van my tuin, gevul met Iceberg-rose, toegetrek. Die donker kamer het verligting gebring vir die genadelose son - dit het ook meegebring dat ek nie die verskroeide tuin, waar die gras en blomme die styd om oorlewing dag na dag verloor het, kon sien nie. Dit het my herinner aan ’n preek van ek jare gelede. Die pastoor het vertel dat meeste mense geneig is om ‘die gordyne toe te trek’ in moeilike tye. Ons verkies dit om te hiberneer en in stilte te bly, eerder as om uit te gaan, iets anders te doen of om hulp te soek. Die probleem is dat wanneer ons onsself in ons privaat spasie bevind, lyk dit of die probleem groei, omstandighede lyk benard en sommer gou bevind ons onself in ’n nagmerrie, alleen, omdat ons nie wil uitreik nie. En in dié spasie is dit moeilik om helder te dink of om positief oor die toekoms te wees. Aan die begin van elke nuwe jaar luister ek graag na wat toekomsgerigte kenners te sê het oor wêreldsake. Gedurende Januarie 2016 was die gesprekke by the Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos gefokus op die onderwerp “Hoe om die Vierde Industriële Revolusie te bemeester”. Dit was interessant om te lees wat die 2006 wenner van die Nobel Gedenkprys in Ekonomiese Wetenskappe te sê het oor die vreemde konsep. Professor Edmund Phelps sê dat die ekonomie nie ’n masjien is wat die beste moontlike prestasie moet lewer nie - eerder: ‘’n funksionerende, moderne ekonomie is ’n lewende organisme wat bestaan uit al die individue wat daaraan deelneem. Hulle inisiatiewe spruit uit ’n ryk verbeelding, aangespoor deur waardes en onderskraag deur hul persoonlike kennis’. Dit is presies waarom ons nie die gordyne moet toetrek en die lig moet uithou nie. Ons moet na buite kyk om te soek na hoop en om geleenthede te benut! Klaus Schwab, Stigter en Uitvoerende Voorsitter van die WEF, het by die Januarie 2016 vergadering in Davos uitgebrei op die verwagte ‘revolusie’. Hy het gesê dat ons op die randjie van ’n tegnologiese revolusie staan, wat die wyse waarop ons leef, werk en met mekaar skakel, fundamenteel sal verander. Ten opsigte van skaal, omvang en kompleksiteit sal die transformasie anders wees as enigiets wat die mensdom ooit ervaar het. Die Eerste Industriële Revolusie het water en stoomkrag gebruik en die eerste meganiese produksieprosesse geloods; die Tweede het elektrisiteit gebruik vir massaproduksie. Die Derde het eletronika en inligtingsteg- nologie gebruik en produksielyne geoutomatiseer en die Vierde bou nou voort op die Derde in die vorm van ’n digitale revolusie wat gekenmerk word deur ’n samesmelting van tegnologieë. Miljarde mense het kontak met mekaar deur mobiele toestelle met verwerkingsvermoëns, bergingskapasiteit en toegang tot kennis. Schwab glo dat ‘die Vierde Industriële Revolusie die potensiaal het om vlakke van inkomste wêreldwyd te verhoog en die lewenskwaliteit van mense regoor die wêreld te verbeter’. Hy erken dat dit groter ongelykheid tot gevolg kan hê en dat toegang tot tegnologie en die vaardigheid om dit te gebruik, geleenthede sal beïnvloed. Hy glo dat talent, eerder as kapitaal, in die toekoms ’n kritiese faktor sal wees. As ons die gordyne sou toetrek, kan ons moontlik geleenthede mis. Ons moet kennis nastreef en ons horisonne verbreed, soos dit ook in Jesaja 54 v. 2: ‘Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie. Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.’ Ons moet meer kreatiewer, dapperder en slimmer wees in die proses waar ons onsself losmaak van ou manier van doen en nuwe moontlikhede ondersoek. Die Vierde Industriële Revolusie ‘reflekteer die toenemend onduidelike grense tussen mens en masjien’ en sal die fondasie van ons gemeenskap affekteer, van ekonomiese groei, onderwys, finansiële stelsels, wêreldhandel tot gesondheid, armoede en veel meer. By die Algemene Jaarvergadering van die WEF in Davos in Januarie het Miki SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 51