Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 50

••• •• ••• RUBR I E K geen voerreserwes vir die winter bestaan. • Verkoop onproduktiewe diere. • Belastingimplikasies en beleggingsopsies van inkomste uit verkope. Doel 3: Voorsiening van voer vir veevertakking. Die vertrekpunt: Raak van alle oortollige vee ontslae. Opsie 1: Hoewel garingboom, doringlose turksvy en oumansoutbos uitstekende voeralternatiewe is, is dit nie geredelik beskikbaar nie. Win advies oor rantsoensamestelling in. Opsie 2: Hoendermis is ’n goedkoop bron van NPN, maar nie van voedingstowwe nie. Handeldryf is onwettig mits die spesifieke produk geregistreer is as voer in terme van Wet 36 van 1947. Hoendermis mag SLEGS in kritieke tye teen onderstaande vlakke gevoer word INDIEN GEEN ander voer beskikbaar is nie: • Beeste: 4.5 – 6 kg/dier/dag, of 1% van liggaamsmassa • Skape: 0.5 – 1 kg/dier/dag, of 1% van liggaamsmassa Wees bedag op die volgende: • Hoendermis moet gesteriliseer, geprosesseer en van goeie gehalte wees. • Dit is laag in proteïene en minderwaardig teenoor sekere winteraanvullings. • Energie moet bygevoeg word met grane en melasse. Maksimum van 15% melasse kan bygevoeg word, anders kan diarree voorkom. • As hoendermis vir lang periodes gevoer word, is Vitamine A en E noodsaaklik. 48 • Hooi / ruvoer moet altyd beskikbaar wees - hoendermis vervang dit nie. • Spuit teen lamsiekte. • Degenerasie van lewer kan voorkom by meer as 3 kg/dag. • Kopervergiftiging in skape kan voorkom by te veel voer. • Melkkoors veral by melkkoeie voor kalwing. • Ionofoorvergiftiging kan beeste se hartspier aantas. • Geen wettige aanbevelings mag gemaak word oor voeding van ongeregistreerde hoendermis nie. Opsie 3: Indien dit met die Januarie reën nie moontlik was om voersorghum vir staande hooi te kon aanplant nie, is daar groenvoergewasse om druk te verlig. Maak seker jou voervloeiprogram vir die res van die jaar is noukeurig beplan. Raadpleeg jou voorkeursaadverskaffer aangaande watter voergewassaad beskikbaar is en wanneer dit aangeplant word. Pas diere geleidelik aan op groenvoer en sorg dat droë ruvoer beskikbaar is. Meng self lekke en rantsoene waar moontlik. Sorg dat aan minimum voedingsbehoefte voldoen word vir spesifieke klasse diere. Doel 4: Dekgewas om winderosie te beperk. Die hoofoogmerk is stoppels of materiaal op lande gedurende Augustuswinde. Indien mielies of sonneblom laat geplant is, het produsent reste. Indien nie, sal die aanplant van koring en