Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT T HIS A N D T HAT ••• Pieter & Tshepo Dan Kriek President van Vrystaat Landbou “Samewerking tussen rolspelers is in plek en die landboustrukture is reeds besig om oplossings te vind vir die kort- medium- en langtermynuitdagings van die droogte.” Louis du Pisanie Nasionale Bestuurder: Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) “Veld is veerkragtig en besit die vermoë om ná ’n droogte te herstel. “As daar nie ’n goeie beweidingstelsel op die plaas is nie, is dit nou ’n goeie tyd om met een te begin.” DIE SITUASIE IN AFRIKA EN SUID-AFRIKA! Oraloor gehoor... Francois Strydom Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte “In Afrika en Suid-Afrika is dit gewoonlik ’n situasie van oorvloed of hongersnood. Dis hoe Afrika lyk. Uit hierdie oogpunt is droogte nie abnormaal nie. Die El Niño verskynsel is egter ’n buitengewone insident.” Louw Steytler Chairman of Agri SA “If you destroy the value of land, you will destroy food security in this country.” Frikkie Richter Voorsitter van die Steynsrus Distrik Landbou-unie “Al wat nog groen hier by ons is, is die bome en die katbos.” Ds Arno Kotze (Bultfontein) Soms is ons lewenspad taai soos die paaie op die platteland, uitdagend en taai. Tog moet die pad vorentoe nog steeds geloop word.” Thys Grobbelaar Senwes Senior Graananalis “Julle sit in ‘n brandpuntarea. Veral produsente in die omgewing van Brandfort, Bultfontein, Hoopstad en Theunissen.” Francois Strydom Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte “Moet nie die realiteit toedraai in mooi papier nie. As jy in besigheid is, kyk jy die realiteit vierkantig in die oë.” Louw Steytler Voorsitter van Agri SA “Die boere moet die erkenning kry wat hulle verdien.” Daan Hugo Besturende Direkteur Certisure “Die boer se voortbestaan is ons voortbestaan.” Senzeni Zokwana Minister van Landbou Bosbou en Visserye “Die boere moet ons vertrou.” Het jy al bygedra tot die droogterampfonds? DIE AGRI SA DROOGTERAMPFONDS HET JOU HULP NODIG. MAAK SO JOU DONASIE: Donasies kan gemaak word via die webblad www.droogterampfonds.co.za met verskeie betalingswyses soos EFT, Kredietkaart, Tjek- en Debietkaarte, Kits, EFS, SnapScan of Premietarief SMS teen R30 per sms. HOEKOM MOET EK BYDRA? Senwes doen ‘n beroep op alle besorgde Suid-Afrikaners om ons produsente by te staan, aangesien hul bydrae krities is vir die voedselsekuriteit van ons land en die plattelandse ekonomie. SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 3