Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 43

D RUPPE L S O P D IE DA K 'n Vergelyking tussen die 1991/92 en die 2015/16-seisoene en die langtermynreënval in die tradisionele Senwes gebied. Die kaart dui die kumulatiewe reënval vir hierdie seisoen as ’n persentasie van die lang termyn aan. Daar is met die skryf van die artikel geen gebied wat meer as die langtermyn kumulatiewe reënval tot die 22ste Januarie ontvang het nie. Daar is egter klein kolletjies binne die gebied wat goeie reën ontvang het. Die sentraal westelike gedeelte van die tradisionele Senwes gebied het minder as 30 % van die langtermynreënval ontvang. Van die distrikte kon nie eers 10% van die langtermynmielie-oppervlakte aanplant nie. seetemperature is besig om af te neem, wat aandui dat die El Niño-episode besig is om hom uit te woed. ’n Bekommernis is dat die SOI-waarde besig is om verder te daal, -21 tans, wat daartoe aanleiding kan gee dat die El Niño-episode stadiger aan die verbygaan is as wat ons hoop. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Die eerste helfte van die 2015/16 seisoen het nie baie positief verloop nie. Nieteenstaande voorspellings van verskeie meteorologiese verenigings dat ’n uiters droë en baie warm eerste gedeelte van die somerseisoen vir die westelike gedeelte van SuidAfrika voorlê, het ons gehoop dat ons dit gespaar sou wees. In die meeste gebiede kon daar nie geplant word wat beplan was nie. Die grootste afwyking in die oppervlakte mielies wat beplan was om geplant te word en wat toe wel geplant is, het voorgekom ••• ’N VERGELYKING TUSSEN DIE 1991/92 SEISOEN EN HIERDIE SEISOEN: Die 1991/92 seisoen is bekend as die swakste seisoen in terme van reënval die afgelope eeu. Uiters swak mielieopbrengste het gerealiseer, soos die gemiddelde 0,55 ton/ha in die Senwes gebied en gemiddelde 0.72 ton/ ha vir Suid-Afrika as geheel. Die 1991/92 seisoen se totale reënval was 301 mm vir die hele seisoen. Die kumulatiewe seisoensreënval, dit is vanaf 1 Julie tot 22 Januarie 1992, was 228 mm vir die 1991/92 seisoen, terwyl dit vir hierdie seisoen 186 mm is. Hierdie seisoen se voorseisoen is dus nog droër as die droogste seisoen wat ons in 100 jaar beleef het. Dit is waarom die produsente normaal kon aanplant in die 1991/92 seisoen, maar die gewasse het toe verdroog. Hierdie seisoen kon verskeie distrikte amper geen mielies aanplant nie. Wat ons wel moed gee is dat gedurende die 1991/92 seisoen, die reën vanaf Desember 1991 begin afneem het, terwyl die reënval sedert Desember 2015 begin toeneem het. Onderstaande grafiek dui die twee vermelde seisoene se verloop aan, asook die langtermynverloop van die seisoene. sedert 1926, toe begin is met die redelike akkurate dokumentering van oppervlaktes aangeplant in Suid-Afrika. Ver onder gemiddelde reën het sover vir die eerste gedeelte van die seisoen voorgekom. Dit het sedert 10 Januarie redelik algemeen begin reën en kon produsente veral sonneblom begin aanplant. Ons vertrou dat die goeie reën die res van die seisoen sal voortduur. SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 41