Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 42

••• DRUPP E LS O P D I E DA K Nie 'n seisoen om vir lank te onthou nie THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK HOE VERLOOP DIE SEISOEN SOVER? Die gevreesde El Niño-verskynsel het toe sy merk vir die eerste gedeelte van hierdie seisoen, veral oor die westelike gedeelte van Suid-Afrika se somerreënvalgebied, gemaak. Op Woensdag, 13 Januarie, het ’n hewige donderstorm, wat gepaard gegaan het met ’n stofstorm, oor die Wes-Vrystaat voorgekom. Dit het sedert 10 Januarie oor die grootste gedeelte van die Senwes gebied goed begin reën. Nieteenstaande hiervan het die sentraal westelike gedeelte van die Senwes gebied nie so baie reën ontvang nie. Produsente in die gebied wat nog nie kon plant nie, het in alle erns begin plant. Daar is selfs heelwat mielies tot 20 Januarie geplant. Die grondvogsituasie is nog ver van optimaal en opvolgreën is van kardinale belang. Dié foto is by Hoopstad gedurende die namiddag geneem. Die gebou met die wit dak in die agtergrond is die nuwe Senwes/Hinterland handels tak. Soos wat gereeld hierdie seisoen gebeur het, het die storm verbygegaan sonder enige noemenswaardige reën. Dié foto is vroeër die dag in die Wesselsbron omgewing geneem. Groot oppervlaktes kon glad nie aangeplant word onder somergewasse nie. Groot stukke aarde sonder plantegroei is basies verander in ’n woestynlandskap. Die geringste wind wat opgekom het, het ontaard in stofstorms. Dit was uiters warm dié dag, met die “mirage “ op die horison duidelik sigbaar. REËNVAL HIERDIE SEISOEN: TEMPERATURE BELEEF: Gedurende die week van 4 tot 9 Januarie 2016 is rekords in verskeie dele van Suid-Afrika gebreek met betrekking tot hoë temperature. Dit was seker die warmste paar dae in menseheugenis. Wat nog na die droogte oorgebly het, het verskroei oor dié paar dae. WAT WORD VERWAG VIR DIE RES VAN DIE SEISOEN? Die gemiddelde seetemperatuur was op ’n stadium 3.2 grade Celsius warmer as normaal. Die 40 Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario