•••
A G RI - IW
RUBR
E KE N K E
THYS GROBBELAAR
GRAANMARKVOORUITSIGTE:
Januarie 2016:
Hoe staan sake nou?
AGTERGROND:
Die meeste Suid-Afrikaanse
kommoditeitspryse het drasties
gestyg die afgelope tyd. Daar
gaan derhalwe gekyk word na
faktore wat aanleiding gegee het
tot die styging.
INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE:
Ru-oliepryse:
Soos algemeen bekend was die
wêreld-ekonomie aan die weghardloop gedurende 2008. Dit
was veral as gevolg van China se
enorme BBP-groei wat die vraag
na energie en ander grondstowwe
die hoogte laat inskiet het. Daar
was gerugte dat die wêreld net
genoeg ru-olie beskikbaar het vir
die volgende 40 jaar. Die Amerikaners wat ook nie die Arabiese
wêreld in die oë wil kyk vir hulle
energiebehoeftes nie, het op
groot skaal begin om etanol uit
mielies te vervaardig.
Energiepryse het gedurende
2008 op rekordvlakke beweeg,
Grafiek 1. Die internasionale Brent ru-olieprys ($/vat).
Grafiek 2. Verandering in die groei van die bruto binnelandse produk (BBP)
van China. (%)-IMF
36
Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario
rondom $145/vat. Sedert 2012
het die Brent ru-olieprys vir redelik lank op ‘n vlak van $110/vat
beweeg. Die etanolaanlegte het
goed geld gemaak en 38% van
die Amerikaanse mielie-oes word
tans in etanol omgesit.
Op hierdie stadium beweeg
die Brent olieprys op ‘n vlak
van $30/vat (Grafiek 1). Nieteenstaande die lae Amerikaanse
mielieprys maak meeste van die
etanolaanlegte in die mid-weste
van die VSA verliese. Dit is
definitief nie prysondersteunend
vir die internasionale mielieprys
nie. Alternatiewe energie soos
windkrag, skaliebreking en intensiewe eksplorasie na ru-olie
het onder andere ‘n rol gespeel in
die daling in die internasionale
ru-oliepryse.
Chinese ekonomie
verlangsaam:
‘n Verdere faktor wat kommoditeitspryse internasionaal
onder groot druk plaas, is die
verlangsaming van die Chinese
ekonomie. Grafiek 2 dui die
groei in die bruto binnelandse
produk van China aan. Daar
was projeksies dat die Chinese
ekonomie se BBP-groei na 20%
kon beweeg. Vrese het ontstaan
dat die Chinese alle beskikbare
kommoditeite soos ru-olie, grane
en oliesade gaan opneem. Sedertdien het die BBP-groei met
57% afgeneem, wat die vraag na
alle kommoditeite drasties laat
afneem het. Soos ons weet het