Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 37

N UUS Nuwe maatskappy by Senwes Bpk D it is vir ons aangenaam om aan te kondig dat die makelaarsafdeling van Senwes Bpk ’n nuwe maatskappy gestig het wat in die toekoms as ’n aparte entiteit sal funksioneer, maar steeds binne die Senwes groepstruktuur. Die oorsprong van die besluit kom uit veranderinge aan die JSE-reëls en -regulasies wat die deursigtigheid van die makelary sal verseker. Die nuwe maatskappy sal voortaan bekend staan as Senwes Graanmakelaars (Eiendoms) Beperk, afgekort na SGB. Bestaande kliënte sal dienooreenkomstig via e-pos of telefonies gekontak word om die oorgangsproses te fasiliteer. U hoef egter nie bekommerd te wees dat hierdie verandering u marktoegang of verhandelingsgeleenthede negatief sal beïnvloed nie. Alle personeel tans betrokke by die makelary skuif eenvoudig oor na die nuwe maatskappy en bestaande kliënt-/ makelaarverhoudings word glad nie hierdeur geraak nie. U makelaarsfooistruktuur bly onveranderd en die bestaande telefoonnommers bly in werking. Baie dankie vir die geleentheid wat u ons bied om met u besigheid te doen. Ons sien uit daarna om verder te bou aan hierdie verhouding in ons nuwe maatskappy. Skakel gerus u makelaar vir enige verdere vrae of indien u belang sou stel om ’n rekening by SGB te open. Frans Dreyer [email protected] (Bestuurder Makelary) 018 464 7786 Susari Geldenhuys (Opsieskrywer) [email protected] 018 464 7430 Elanie van den Berg [email protected] (Makelaar) 018 464 7554 Norman Botma (Makelaar) [email protected] 018 464 7528 Marcel Lombard (Makelaar) [email protected] 018 464 7722 SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 35 •••