Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 34

••• RUBR I E K SLAGGATE DEEL 9 WILLIE LOUW IN KORTTERMYNVERSEKERING MET DIE BEGIN VAN DIE SKRYF VAN HIER DIE REEKS ARTIKELS HET EK GEDINK ALLES OOR KORTTERMYNVERSEKERING KAN IN DRIE OF VIER UITGAWES BESPREEK WORD. HIER TREK ONS NOU EGTER REEDS BY DIE NEGENDE ARTIKEL EN IS DIE EINDE NOG NIE IN SIG NIE. D it bewys net weereens dat korttermynversekering met al sy voorwaardes, uitsonderings en beperkings - die slaggate - nie so eenvoudig is nie. Ons is tans besig met die bespreking van die Brandtipe Afdelings en het in die vorige uitgawe, in Deel 8, gekyk na Afdeling Huiseienaars, nl. die woonhuisgebou en al die strukture van ‘n huishoudelike aard wat op die plaaswerf aangebring is. In hierdie uitgawe fokus ons op Afdeling Huisbewoners of Woonhuisinhoud, wat weereens beperk word tot alle items van ‘n huishoudelike aard. Lesers moet daarop let dat ook hierdie afdeling (net soos Huiseienaars) onderhewig is aan awery of onderversekering en moet daar dus teen vervangingswaarde verseker word. 32 HUISBEWONERS Vanweë die omvang van die dekking en uitbreidings onder hierdie afdeling, sal ons dit in meer as een uitgawe moet behandel. Dit is egter belangrik om eerstens te kyk na die woordomskrywing soos in die polisvoorwaardes vervat om te sien wat gedefinieer word as Woonhuisinhoud: • Alle inhoud van ‘n huishoudelike aard, wat gehou word in die versekerde se private woning en huishoudelike buitegeboue op die vermelde perseel in die polis (dit sluit alles in wat sou uitval as die huis onderstebo gekeer word!). Hieronder ressorteer onder andere klerasie, juwele, kruideniersware, asook die tuingereedskap in die motorhuis/ buitekamer. • Persoonlike besittings van besoekers van die versekerde of medeversekerde terwyl in versekerde se private woning, met die voorwaarde dat: - Diesulke besittings nie andersins verseker is nie (met ander woorde sou die besoeker sy eie huisbewonersversekering hê, moet daarteen geëis word). - Die aanspreeklikheid van die versekeraar is beperk, byvoorbeeld R2 000.00 of 2% van die versekerde bedrag (Santam Landboupolis). • Persoonlike besittings van enige bediende in die voltydse diens van die versekerde terwyl hierdie besittings in die gebou soos gespesifiseer onder Afdeling Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario Huisbewoners gehou word, onderhewig daaraan dat: - Verlies of skade as gevolg van diefstal uitgesluit is, behalwe as dit gepaard gaan met inbraak op ‘n wesenlike, sigbare en gewelddadige wyse . - Die aanspreeklikheid van die Versekeraar is weereens gewoonlik beperk. In die polis word ook dikwels melding daarvan gemaak dat aanspreeklikheid uitgebrei word om medeversekerdes in te sluit. Medeversekerdes sluit in die gade/ eggenoot van die versekerde asook enige ander familielid van hom/ haar en sy gade wat normaalweg by hulle mag inwoon. Waar die polis verwys na die versekerde se private woning, beteken dit die gebou van die versekerde se private woonh Z\