Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 27

N UUS S AWIE MYNHARDT Wat doen jy by Certisure? Wat behels jou take? Ek tree op as versekeringsmakelaar vir Certisure, bemark korttermyn- en oesversekering van verskeie versekeraars en hanteer kliënte-eise. Hoe het jou loopbaan gevorder tot nou? Na skool het ek twee jaar diensplig voltooi en het daarna by Volkskas Bank gewerk. Ek het in 1981 by Kroonstad-Wes Koöperasie as versekeringsbemarker in die versekeringsafdeling ingeskakel. Na die amalgamasie van Kroonstad-Wes Koöperasie en Senwes het die versekeringsafdeling van Kroonstad-Wes in 1992 besluit om op hul eie te gaan as Kroonstad-Wes Makelaars. Kroonstad-Wes Makelaars het deel geword van Univision, wat tans as Certisure Versekeringsmakelaars funksioneer. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? Ek is in Bloemfontein gebore en het grootgeword in Koppies en later in Kroonstad. Waar het jy skoolgegaan: Laer- en hoërskool? Laerskool Sarel Cilliers in Koppies tot standerd 2, daarna by Kroonheuwel Primêr in Kroonstad ingeskakel. My höerskoolloopbaan het ek by Afrikaanse Hoërskool, Kroonstad (Rooiskool), in 1976 voltooi. Wat was jou planne na skool en hoe het dit gerealiseer? Ek het na diensplig begin werk en is na 35 jaar steeds ‘n versekeringsmakelaar. Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Certisure doen produkontwikkeling en verkry verskillende agentskappe om te verseker dat kliënte se versekeringsbehoeftes deur Certisure bevredig kan word. Ek sien ‘n blink toekoms vir my by Certisure. Wat is die beste raad wat jy aan jou kliënte sal gee? Dat jy eiendom wat jou [