HA N D E L SN UUS
•••
Impak van wisselkoersverswakking
op die landbousektor
MNR LUAN VAN DER WALT, DR YONAS
BAHTA EN DR DIRK STRYDOM
LANDBOU-EKONOMIE - UFS
D
ie Suid-Afrikaanse finansiële sektor word hoog
aangeslaan in internasionale markte in terme van mededingendheid
en beleggingsgeleenthede. Volgens
’n studie wat deur die Wêreld
Ekonomiese Forum oor mededingendheid gedoen is, word SuidAfrikaanse finansiering deur plaaslike ekwiteitsmarkte eerste geplaas
uit ’n lys van 140 lande, terwyl
die regulering van effektebeurse
tweede geplaas is vir 2015/2016.
Dit is ’n goeie aanduiding van die
kwaliteit van die Suid-Afrikaanse
finansiële sektor. ’n Goeie finansiële sektor kan ’n geweldige groot
rol speel in die ekonomie van ’n
land om buitelandse beleggers
te lok. Nuwe beleggers kan dan
natuurlik help met die land se
betalingsbalans.
Verskeie ekonomiese aanwysers
word gebruik om die welvaart van
’n land te bepaal. Een belangrike
aanwyser is die wisselkoers. In die
Suid-Afrikaanse konteks is die
belangrikste aanwyser in terme
van handel die Suid-Afrikaanse
Rand (ZAR) relatief tot die
Amerikaanse Dollar (US$). Die
wisselkoers word deur ’n aantal
eksterne faktore beïnvloed, wat
dit hoogs volatiel en moeilik maak
om vooruitskattings te maak.
Voorbeelde van sodanige faktore
is die inflasiekoers, rentekoersdifferensiale, tekorte op die lopende
rekening en selfs die stabiliteit van
die wêreldekonomie en -politiek.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie
was onder groot druk in 2015
weens ’n aantal eksterne faktore.
Hierdie faktore het gewissel van
politieke faktore tot die sukkelende
Chinese ekonomie en die herstrukturering van wêreldekonomieë.
Die politieke situasie in SuidAfrika het groot druk in die verskillende sektore veroorsaak. Die
mynsektor was onder druk weens
stakings, wat weer tot verlaagde
uitsette en hoë kommoditeitspryse
wêreldwyd gelei het, wat weer
skerp gedaal het. Die tekorte met
betrekking tot elektrisiteitsvoorsiening, wat tot die toepassing van
beurtkrag aanleiding gegee het,
het die ekonomie baie geld gekos.
Uitsette deur die vervaardigingsektor was onder druk, wat weer tot
ekonomiese verliese gely het. Al
hierdie faktore het die wisselkoers
beïnvloed. Die Suid-Afrikaanse
besigheidsvertroue-indeks sowel
as die kredietgradering is verskeie
kere gedurende 2015 afwaarts
aangepas. Die besigheidsvertroueindeks het vanaf 49 in die eerste
kwartaal van 2015 verlaag na 36
in die vierde kwartaal van 2015,
terwyl die Suid-Afrikaanse kredietgradering net bo rommelstatus is.
Daar word gevrees dat die kredietgradering afwaarts aangepas kan
word na rommelstatus sou die
Grafiek 1: R/$ wisselkoers
ekonomiese situasie nie binne die
volgende paar maande verbeter
nie. Die ontslag van die Minister
van Finansies deur die President
het ook baie druk op die wisselkoers geplaas. Al hierdie faktore
het ’n impak op besigheidsvertroue
gehad en indien die internasionale
beleggers sou besluit om hul beleggings uit Suid-Afrika te onttrek, sal
dit aanleiding gee tot die verdere
verswakking van die rand.
IMPAK OP DIE
LANDBOUSEKTOR
Die skielike verswakking van die
rand teenoor die belangrikste geldeenhede, en veral die US$, was
’n groot skok aangesien niemand
die skielike verswakking kon
voorspel nie. Die effek van die verswakking sal neerslag vind in die
landbousektor en dit kan negatief
of positief wees. Die belangrikste
effek van die verswakking van
die rand op die landbousektor sal
in terme van invoere en uitvoere
wees. Die uitvoerbedryf sal by die
verswakking van die rand baat,
terwyl dit ’n negatiewe impak op
die invoerbedryf sal hê. Uitvoerders se inkomste sal vergroot terwyl invoerders meer sal betaal om
BRON: SUID-AFRIKAANSE RESERWEBANK
SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016
21