Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 19

’n Liefde vir Brahmane! Dit is Phillip Mukhithi se passie. N UUS ••• AUBREY KRUGER Mukhithi se makietie DAAR IS 'N ENGELSE GESEGDE WAT LUI: ALL WORK AND NO PLAY MAKES JACK A DULL BOY . PHILLIP MUKHITHI GAAN EGTER VAN KRAG TOT KRAG MET DIE HARDE WERK WAT HY IN SY BOERDERY INSIT. PHILLIP IS WERKLIK 'N INSPIRASIE VIR ALLE OPKOMENDE BOERE. HY HET NIE NET SY EIE PLAAS GEKOOP NIE, HY MAAK OOK UITSTEKENDE VORDERING DAARMEE OM HOMSELF TOE TE RUS OM 'N GROTER EN BETER BOER TE WORD. VAN SEKURITEIT NA 'N LIEFDE VIR BOERDERY Die 52-jarige Phillip beskryf homself as ’n ernstige kommersiële boer. Hy het sy plaas van 435 hektaar tussen Klerksdorp en Wolmaransstad reeds in 2007 gekoop en het sedertdien geweldige groei getoon. Kom ons begin by die begin. Hy is gebore en getoë in die dorpie Mara in Limpopo, waar hy sy skoolloopbaan by Kranspoort Laerskool begin het. Daarna het hy die Dzala en Mphephu Hoërskole in Venda bygewoon. Hy dink terug aan sy eerste blootstelling aan boerdery, wanneer hy huistoe gegaan het na skool, waar sy ma Sarah op ’n plaas gewerk het. Hy was veral mal oor die trekkers. Hy het geweet dat hy graag eendag sy eie plaas sou wou hê, alhoewel hy op daardie stadium nie so mal was oor boerdery as sulks nie. Dit was egter waar die eerste saadjie geplant is. Boerdery het later sy lewe geword. Phillip is anders in die sin dat hy reeds ’n bedrewe besigheidsman was voordat hy by boerdery betrokke geraak het. Sy loopbaan het as sekuriteitswag begin, waarna hy vir 14 jaar in die telekommunikasiebedryf gewerk het. In dié tyd is hy na Klerksdorp verplaas. Sy eerste sekuriteitskontrakte is in 2003 aan hom toegeken en hy is nou die trotse eienaar van sy eie sekuriteitsmaatskappy, Tshedza, wat werk aan 1 800 mense verskaf. Daarbenewens het hy ook sy eie vulstasie in Potchefstroom in die Noordwes Provinsie. BEESTE In die swart kultuur word ’n mens gedefinieer deur die aantal beeste wat jy besit. “’n Man met beeste is ’n man”. Dit het hom aangespoor om die landboubedryf te betree. Sy doelwit is nie net om te boer nie, maar ook om verandering te bring. “Ek is meer as gereed om verandering in die lanboubedryf te sien.” Sy liefde vir beeste het toegeneem toe hy vir Marthinus Verster ontmoet het. Op daardie stadium het hy net kommersiële beeste gehad. Martiens het hom aan Brahmane voorgestel en van Stoetbrahmane gepraat. “My liefde vir Brahmane het daar begin.” Martiens het selfs vir Phillip veilings toe gevat. SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 17