Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 11

A R E A F O K US ••• Die konsentrasiekampkerkhof met sy muur met 1288 name van gestorwenes. Kroonstad se bekende wawielbrug. Kroonstad as in ander gebiede. En laastens die Vet- en die Valsrivier het besonderse goeie weiding waar baie van die beste boere is. BOEREVERENIGING Die Holfontein Boerevereniging Studiegroep is ook in die Kroonstad omgewing. Voorsitter, Francois Els, wat al vir die laaste 15 jaar dié posisie beklee, vertel dat die 25 studiegroeplede moeite doen om mekaar by te staan en by mekaar te leer, veral in hierdie droogtetyd. VOEDSELPRODUSERENDE GEBIED Kroonstad is al jare ‘n prominente voedselproduserende gebied in Suid-Afrika. Oor die jare het koring uitgefaseer en waar skaapboerdery ook sterk was op ‘n stadium, het diefstal die bedryf gekortwiek. Daar word nou meer gefokus op mielies, sonneblom en aartappels. WILD Wildboerdery het in die laaste dekade ontplof met baie produsente wat hul grond begin toespan het. Oor die afgelope vyf jaar het dit geweldig uitgebrei. Die sien