Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 49

R UB R IE K ••• SAAMGESTEL DEUR SENWES LANDBOUDIENSTE JANUARIE 2016 RIGLYNE EN RAAD Aanplantingsopsies in die tradisionele Senwes produksiegebiede vir die huidige seisoen. AGTERGROND Die hitte en gebrek aan reënval het van middel Januarie verander en mielies en sonneblom kon tot laat geplant word. Daar is nog jaar op jaar lande wat onvoldoende reën ontvang het om die hele profiel te benat. Natuurlike weiding is beskadig, voerreserwes is minimaal en slagpryse vir maer diere is swak wat finansiële uitdagings vir produsente stel. WAT KAN PRODUSENTE DOEN? ’n Sinvolle plan van aksie kan met behulp van kundiges geformuleer word. Die vertrekpunt is: identifisering van plan. Is die doel om windskade te keer, behels dit kontantvloei of finansiële verpligtinge vir Desember 2016? Die kerndoel is ’n mielieprodusent wat komende seisoen (2016/17) weer in volle produksie wil wees. Enige plantaksie moet absoluut beperk word tot: • Finansiële oorlewing; • Die maak van kos vir diere; • Die beperking van windskade in die lente; • Voorbereiding vir plant van mielies. BESLUITNEMINGSTAPPE Produsente word gedwing om emosie en sentiment te beperk of te vervang. Dit is onaangenaam om stoetdiere te verkoop of te slag. Deur dit betyds te doen kan ’n paar gered word eerder as om alles te verloor. 1. Identifiseer werklike behoefte. 2. Formuleer prioriteitsorde. 3. Formuleer plan A en B. 4. Identifiseer vereistes vir sukses. 5. Bepaal die mees haalbare opsie. 6. Nougesette vasberadenheid met besluitneming. Die volgende situasies is van belang: Doel 1: Verligting van finansiële druk vir die graanboer. Opsie 1: Plant koring. Die opsie sal teen Desember 2016 ’n inkomste genereer. Die aantal hektare kan soos volg bereken word: Gelykbreekhektare = Noodsaaklike vaste oorhoofse produksie-uitgawes + Huurgeld + Drukkende paaiementbetalings + Leefkoste Gewas se berekende *bruto marge (R/ha) *Bruto marge = (Opbrengs t/ha x Prys R/t) minus direk-toedeelbare produksieuitgawes rand per hektaar Die vereiste vir sukses is genoegsame reën tot koringplanttyd om die oes deur te vat sonder verdere reën. Alternatiewelik kan op watertafelgronde of oorlêlande geplant word. Die oppervlakte onder koring behoort nie meer as ’n kwart tot ’n derde van die lande te wees nie. Opsie 2: Die plant van vroeë sonneblom gedurende September met inkomste in Februarie 2017. Hektare word op bogenoemde wyse bereken. Verdere faktore hier: • Rotasiestelsel. • Tyd van finansiële beskikbaarheid. • Reën en grondvogtoestande. Indien koring byvoorbeeld geplant word op grond met ‘n effektiewe diepte van een meter, is opvolgreën gedurende September noodsaaklik. Vroeë sonneblom is dalk ’n beter opsie. Opsie 3: Die aanplant van wintervoergewasse (gesny en gebaal) vir verkoop as ruvoer. Die opsie kan inkomste teen Oktober 2016 genereer. Doel 2: Finansiële oorlewing van veeboerdery. Die veebedryf is krities. Diere wat met min liggaamsreserwes die winter binnegaan, gaan nie genoeg voeding hê om dit te hanteer nie. Aanbevelings: • Kry kontantvloei. • Fokus op kernkudde. • Verkoop jong diere as ‘n voerprobleem bestaan of indien SENWES Scenario • Feb/Mrt 2016 47