Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 22

••• HAND E LSN U U S AUBREY KRUGER SONETTE bou verhoudings met Kroonstad-produsente D Sonette Viljoen is die verhoudingsbestuurder by Senwes Village se Hinterland tak in Kroonstad. AUBREY KRUGER Martie Tinkler is die Admin Dame van die Jaar MARTIE TINKLER by die Senwes Village Hinterland tak te Kroonstad, het einde 2015 die gesogte titel as Hinterland se Administrasiedame van die Jaar ingepalm. Die takbestuurder, Louis Lingenfelder, is baie trots op haar. Martie was self baie verbaas toe sy by Stonehenge as die wenner aangekondig is. Sy het baie ondervinding en is al 27 jaar by die maatskappy, sedert sy op 6 Februarie 1989 begin werk het. Sy het ook al by Prodist en Champion Meule gewerk en beklee die afgelope 4 jaar die posisie as Hoof Administrasiedame by Kroonstad. “Titel of nie”, erken Martie “jy weet nie altyd alles nie.” Sy het gedink Henry van Antwerpen gaan wen. Hy het Martie al baie gehelp. Louis hou haar egter op haar tone - alles moet reg wees. Maar gelukkig, alhoewel hy kwaai is, is hy baie regverdig. Vir haar is dit baie lekker om onder Louis te werk, aangesien hy altyd met enige probleem help. Vir haar is sukses eintlik die eindresultaat van ‘n spanpoging, want almal is afhanklik van mekaar. Nog ‘n bydraende faktor is dat ‘n mens gelukkig by die werk moet wees. Haar raad aan ander is: “As jy nie gelukkig by die werk is nie, gaan jy net eenvoudig nie sukses behaal nie.” Martie is beslis ‘n voorbeeld vir ander personeel, soos duidelik blyk uit die eerbewys wat sy ontvang het. 20 Feb/Mrt 2016 • SENWES Scenario ie verhoudingsbestuurder by Senwes Village se Hinterland tak in Kroonstad is Sonette Viljoen. En soos haar postitel verklaar, is dit presies wat sy doen. Sonette beskou haar werk egter as meer as net ‘n gewone werk. “Ek het ‘n passie vir my werk. My pa, Johannes Viljoen, is ‘n boer en boerdery is in my bloed. Ek dink nie dit sal ooit anders kan wees nie.” Sy het Augustus 2014 by die Kroonstad tak aangesluit na jare se ondervinding in die telekommunikasiebedryf by Telkom, persoonlike bankier by Absa en sy is die afgelope ses en ‘n half jaar in die landbou-omgewing werksaam. Die Lindley-gebore Sonette wat in 1994 daar gematrikuleer het, vertel dat die produsente in Kroonstad anders is. “Ons beskik oor baie dinamiese produsente.” Volgens haar leer sy elke dag iets nuuts en die boere hier is nie skaam om hulle kennis en ervaring met haar te deel nie. Vir haar is dit ‘n baie belangrike aspek van haar werk. Sy erken dat sy ook veral die laaste tyd saam met boere huil. Sonette is baie gelukkig waar sy tans is. “Ek wil altyd hê dat my klante en bestuur moet tevrede met my wees. Op persoonlike vlak hou Sonette haar fiks met draf en fietsry en het al selfs die Kaapstad Fietsren twee keer aangepak. Oefening is haar sielskos. Haar motto is: “Jy moet jouself kan motiveer om ander te motiveer.” ‘n Bord in haar kantoor kondig groot en duidelik aan: “Motivation comes from within”. ‘n Mens kan sommer sien dat Sonette van binne gerat en gemotiveerd is en dat sy beslis van krag tot krag sal gaan om haar werk passievol voort te sit. Die wenner! Martie Tinkler (Hoof Administrasie) in die middel saam met Shamynia van Zyl (Administratiewe en Bestelklerk) en Sherelda Botha (Skakelbordop