Senwes Scenario Februarie / Maart 2016 | Page 15

KO L L IG Swartwitpense is een van die Crous gunstelinge en word ook in hul logo gesien. ••• DAE SOOS SENWES SE TOEKOMSFOKUSDAG Die Crous broers dink geleenthede soos die Senwes Toekomsfokusdag in 2015, waar ook op wild gefokus is, gaan baie prominent word. Sodra ‘n ding soos wild begin groei moet daar inligting uitgeruil word. Daar moet ‘n plek wees waar jy vrae kan vra. Belangrik hier is die sifting van inligtingsdae, wilddae, ensovoorts. “As jy jou eie ding wil doen, gaan jy pakslae kry. Jy sal moet skoolgeld betaal”. DROOGTE EN WILD Vir hulle was die afgelope winter en droogte voordelig in die sin dat dit baie goedkoper is om ‘n bok te voer as ‘n bees. Maar met wild moet jy ook goed beplan en tef aanplant. Senwes Scenario het die manne juis in die droogtetyd besoek en hoewel dinge nog goed gaan, is hulle versigtig oor die toekoms. “Oor agt maande vertel ons dalk ‘n ander storie,” meen David. Soos jy die gebied binnery is dit maar droog in Kroonstad. “Hier is niks. Jy sien hoe lyk die lande hier. Absoluut niks”, vertel hulle. Die vraag bly altyd: Waar gaan jy tef kry? Die droogte sal tot gevolg hê dat baie boere dit nie gaan maak nie. Realisme is nou van die uiterste belang en die Crous broers bevestig dat hulle positief bly. RAAD AAN NUWE WILDBOERE Eerstens is dit nooit te laat om met wild te begin boer nie. Hulle begin met: “‘n Bok is joune tot die dag wanneer jy hom verkoop. Dit is ‘n langer termyn som wat jy moet maak.” Anders as beeste. Tweedens het ‘n mens nie miljoene nodig om te begin nie. Hulle sê dit is ‘n wanpersepsie en dat daar goedkoper spesies is waarmee begin en op gefokus kan word met dieselfde inkomste, persentasiegesproke. Wanneer met wild begin word, is dit belangrik dat jy in staat moet wees om die boerdery vir vyf jaar te kan dra. “Ons is boere, ons is nie smouse nie.” Die koste per hektaar en insetkoste van ‘n wildsboerdery is laer en die inkomste baie hoër - beeste en skape hou eenvoudig nie meer by nie. ‘n Verdere voordeel is dat wild nie gesteel word nie en dit is ‘n nisproduk. MOET KAN KANSE VAT OM BO UIT TE KOM Soms moet mens kanse vat. Toe die Crous broers die wildsboer- dery in Kroonstad begin het, het hulle ‘n kans gevat. “Almal het gelag en gesê ons diere gaan hier vrek. Hier raak dit baie koud.” Maar met slim planne dra die diere se kondisie hulle deur die winter. Die gebied is ook baie gesonder weens minder parasiete, wat ‘n bedekte seën is. Alhoewel hulle tans die kruin van die golf ry, hou die broers mekaar op die grond en hulle voete geanker met die wete dat alles wat bereik word van die Here af kom. Mens weet nooit wat die toekoms bring nie. David som dit mooi