Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 9

HO O F ST O R IE kuilvoer gesny word teen ‘n ton graanopbrengs in agt kalwers se kuilvoerbehoefte voldoen vir ‘n tipiese voerperiode. Weimielies vir skape Die reeds bekende praktyk om die mielies af te wei met lammers wat uitgroei vanaf 27 kg tot ‘n slagmassa van 43 kg lyk aanloklik. ‘n Land met een ton graanopbrengs behoort ongeveer tien lammers af te rond en ‘n mielieprys van rondom R2 000 tot R2 300 per ton te realiseer (R2 000 tot R2 300 per hektaar in genoemde scenario). Die bedryfskoste aan die aksie beloop sowat R8 300 per hektaar – wat die lam-aankope, lek en medisyne insluit. Die huidige goeie slaglam pryse en die positiewe voermarge strek tot voordeel van hierdie opsie. Teen die huidige mieliepryse realiseer die lammers ‘n beter prys per ton graan as om die mielies te stroop en die reste te benut. OPSOMMING Tabel 1 gee ‘n indikasie van die verskillende opsies en potensiële inkomste wat jy kan genereer uit ‘n hektaar droogte-geteisterde mielies met een ton graanopbrengs. • Addisionele koste moet afgetrek word van potensiële inkomste vir ‘n netto-syfer. • Addisionele kapitaal per hektaar benodig en koste van kapitaal is nie in berekening gebring nie en kan tussen R5 000 per hektaar tot soveel as R10 000 per hektaar beloop, afhangend van die stelsel wat gevolg word. • Die relatief klein voordeel van weilammers teenoor • ••• stroop met gepaardgaande verhoogde risiko van prys skommelinge en aankoopkoste van weilammers laat die stroop-opsie die voorkeur geniet. Die gebruik van vee in enige van die opsies hierbo bespreek gaan nie die probleem van die droogte op die mielies oplos nie, maar kan wel help om die probleem te versag. Boet van Zyl is Streekbestuurder Suid-streek by Senwes Landboudienste. Kontak hom by 072 260 2202 of stuur ‘n e-pos aan boet. [email protected]. Johan Mouton is Tegniese bestuurder Navorsing en ontwikkeling by Molatek. Kontak hom by 083 278 7746 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. SENWES Scenario • Desember 2014 7