Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 50

••• NUUS DRIE DEKADES se diens LOUISA MARITZ IS CERTISURE SE MAKELAAR OP HARTSWATER EN DIS MAKLIK OM TE produsente, in daardie gebied, by SIEN HOEKOM SY om tot 26 verskillende gewasse SUKSESVOL IS. te verseker. NICOLIZE VAN DER WALT S y praat onderhoudend en met ‘n groot glimlag op haar gesig oor haar werk en kliënte. Sy is reeds 27 jaar in die versekeringsbedryf en sy en Irene van Zyl (Makelaarsassistent) werk die afgelope 21 jaar saam. Die wenspan doen alle korttermynversekering, oesversekering en staan die Louisa het eintlik tandheelkunde studeer, maar die liefde het haar plaas toe gevat. Terug na Hartswater se distrik toe waar sy gebore en getoë is. In Februarie 1983 het haar loopbaan afgeskop in die versekeringsbedryf en sedertdien het sy nog nooit weer teruggekyk nie. Haar lewensleuse is dit wat sy haar kinders ook geleer NWK het – pasop vir enigiets met ‘n té vooraan. As daar ‘n te is moet jy onmiddelik stop waarmeer jy besig is, is haar raad. Haar passie is gelukkige kliënte en is haar grootste uitdaging tevrede kliënte. Die lekkerste van haar werk is wanneer kliënte dankbaar is. “Mens is maar geneig om net die klagtes te hoor, maar dis vreeslik lekker as iemand dankie sê. Dit gee my werksbevrediging.” Vir haar is die sekuriteit binne ‘n groot maatskappy soos Senwes en CertiSure lekker. “Dis lekker om met die grootstes en bestes in die landboubedryf geassosieer te word. Ek geniet my werk vreeslik.” Louisa kan by [email protected] of by 053 474 9612/3 gekontak word.