Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 5

A L L E S E N N O G WAT Pieter & Tshepo T HIS A N D T HAT ••• Praat gerus, SENWES LUISTER YOUNG YANKS RECENTLY VISITED SENWES TO LEARN MORE ABOUT AGRICULTURE - THE SOUTH AFRICAN WAY. Lekker-lees en beter blaai DIE SCENARIO TYDSKRIF HOU TRED MET TYD EN DAAROM IS DAAR GESKAAF OM HOM MAKLIKER TE KAN LEES OP ONS WEBBLAD WWW.SENWES.CO.ZA. J uis aangesien ons aan ons produsente ‘n lekker-lees produk wil bied wat maklik blaai in elektroniese formaat het die tegniese span broodnodige aanpassings gemaak. Die tydskrif kan nou vinnig en op dieselfde wyse as ‘n tydskrif op jou skoot, geblaai word. Jy kan gemaklik tussen bladsye rondbeweeg, teks vergroot waar nodig en hoef nie die hele dokument af te laai alvorens jy hom lees nie – vinniger en goedkoper. Die verbruikersvriendelike elektroniese produk bied soveel meer waarde aan ons adverteerders ook – hier kry hul advertensies blootstelling in die gedrukte en elektroniese uitgawe – sonder enige ekstra koste. SENWES IS TANS IN DIE AANVANGSFASE VAN ‘N HANDELSMERKNAVORSINGSPROJEK OM ONS KLANTE SE TEVREDENHEID TE TOETS EN OM IN VOELING MET HUL BEHOEFTES TE BLY. T en einde die Senweshandelsmerke uit te brei en te verbeter het ons die hulp van ons klante nodig om eerlike terugvoer te lewer indien u gekontak word. “Senwes is meer as net landbou en wil ons ons bande met ons klante en aandeelhouers verstewig om te verseker dat net die beste diens in die bedryf gelewer kan word. Ons kan egter nie weet wat klante dink as ons nie kommunikeer nie. Die navorsingsprojek het ten doel om te verneem  by diegene wat met ons besigheid doen, wat die stand van sake is’’ sê Johan Grobler, (Assistent Hoofbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Senwes) Klante word aangemoedig om met ons navorsers te gesels wat u telefonies sal kontak.  Hou ons volgende Scenario dop vir verdere inligting hieroor of kontak Grobler by [email protected] SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 3