Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 36

••• RUBRI E K SLAGGATE WILLIE LOUW IN KORTTERMYNVERSEKERING IN DIE VORIGE UITGAWE HET ONS AFGESLUIT DEUR TE VERWYS NA DUBBELE VERSEKERING DIT IS WAAR DIESELFDE ITEM BY MEER AS EEN VERSEKERAAR VERSEKER IS. DUBBELE VERSEKERING Sommige Versekeraars noem dit ook Kontribusie, wat afgelei is van “contribution”, met ander woorde die bydrae wat elke Versekeraar maak tot die skade/verlies in geval van ‘n eis. Ons het in die vorige uitgawe gesê dat dit ‘n versekeringsbeginsel is dat versekering nie bedoel is om as selfverrykingsmeganisme te dien nie. Daarom mag dieselfde item (woonhuis, motor, ens.) nie by meer as een Versekeraar verseker word en by beide geeïs word vir dieselfde voorval of verlies nie. Indien dit egter wel sou gebeur, is die verskillende Versekeraars in verhouding tot die bedrag waarvoor die item by elke versekeraar is, aanspreeklik vir die versekerde se verlies. Voorbeeld: ‘n Item word was volg verseker: Versekeraar A R 600 000 Versekeraar B R 400 000 Versekeraar A sal verantwoordelik wees vir 60% 34 (sestig persent) van die skade terwyl Versekeraar B se bydrae 40% (veertig persent) sal beloop. Dubbele versekering het egter ook ander implikasies en wel ten opsigte van premie betalings. Waar van toepassing moet elke Versekeraar ook in dieselfde verhouding as met die eis, premie terug betaal aan die Versekerde. AWERY OF ONDERVERSEKERING Aansluitend by Dubbele Versekering, is die Besondere Voorwaarde van awery soos wat toegepas word op die Brand-afdelings van die polis. Brand-afdelings sluit die volgende polis-afdelings in: • • • Brand (Plaasstore, dompelpompe, voer, ens.) Huiseienaars (woonhuis geboue) Huisbewoners (alle huishoudelike inhoud van die woonhuis en buitegeboue : meubels, klerasie, juwele, kruideniers, Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario • tuinmeubels, ens.) Besproeiingstelsels (spilpunte) Dit is ‘n voorwaarde of beginsel dat items wat onder voorgemelde polisafdelings verseker word, teen vervangingswaarde verseker moet word. Dit beteken dat al is ‘n item 20 jaar gelede vir ‘n bedrag van R500.00 (vyfhonderd rand) aangekoop en dieselfde of soortgelyke item kos nou R2 000.00 (tweeduisend rand), moet dit nou waardeer en verseker word vir R2 000.00. Almal is terdeë bewus van die geweldige boukoste inflasie - ‘n woonhuis met ‘n vloeroppervlak van 200vkm, het 20 jaar gelede ongeveer R200 000.00 gekos om op te rig, terwyl die boukoste van dieselfde grootte huis vandag nader aan R1 miljoen beloop. Indien ‘n item dus onderverseker is, word die versekerde of polishouer geag sy eie Versekeraar te wees in verhouding tot die bedrag wat daardie item onderverseker is. Voorbeeld: Werklike Vervangingskoste R 1 000 000 Versekerde bedrag R 500 000 Die item is dus slegs vir 50% (vyftig persent) van sy werklike vervangingswaarde verseker. Sou die skade aan die versekerde item ‘n bedrag van R20 000.00 (twintig duisend rand) beloop, sal die Versekeraar se aanspreeklikheid slegs R10 000.00 (50%) beloop. Veral in geval van slegs gedeeltelike skade aan ‘n item, kan dit tot groot nadeel - en