Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 33

HA N D E L SN UUS ••• Die ru-olieprys het vir amper 3 en ‘n halwe jaar redelik stabiel in die omgewing van $110 per vat verhandel. Die meeste sagte kommoditeite se FOB-pryse word in $ per ton gekwoteer en het ‘n sterker Dollar ‘n negatiewe effek op die internasionale prys van die kommoditeit. Die dollar het 18 % versterk teenoor die Euro die afgelope 6 maande. In kort: ‘n Sterker Dollar maak kommoditeite internasionaal duurder. Bostaande grafiek dui die versterking van die Dollar teenoor die Euro. Die Europese Unie het die grootste ekonomie in die wêreld en was tot onlangs Suid Afrika se grootste handelsvennoot. Die Rand aan die anderkant het ook verswak teenoor die $ wat ons kommoditeitpryse wel aan die ander kant ondersteun. Die Suid Afrikaanse mielieprys het ook die seisoenale tendens redelik getrou gevolg hierdie seisoen. Teen die helfte van Desember 2014 het die prys teruggesak op grond van die daling in die Amerikaanse prys. Teen die helfte van Januarie 2015 kom die mark agter dat daar ‘n droogte aan SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 31