Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Seite 23

N UUS ••• WERKSFIKS KRY ANNE NAIK EN ELMARIE JOYNT, SENWES.... ALIDA JANSE VAN RENSBURG, DOSENT EN HAAR STUDENTE IN DIE SIMULASIESENTRUM. doel waarvoor dit hier is. En pas dit op vir die studente wat ná julle kom,’’ was sy versoek aan die studente gewees. Ann Naik, prinsipaal van Vuselela het Senwes op haar beurt bedank vir die toerusting wat volgens haar, die studente meer bemarkbaar sal maak vir die arbeidsmag. Sy het ook die behoefte aan “industrie vennote” uitgespreek en die gaste gevra om studente die kans te gee om werksondervinding op te doen binne hul maatskappye en organisasies. Elsabé de Beer, Kampusbestuurder het verduidelik die rekenaars sal spesifiek gebruik word om vaardighede soos die opstel, uitstuur en bestuur van e-posse aan te leer en hoe om dokumente, verslae en selfs basiese boekhouding elektronies te doen. Alida Janse van Rensburg, wie se breinkind se simulasiesentrum was het gesê die sentrum is “‘n bewys dat die Here voorsien”. Sy het gemeld hoe beter studente opgelei en bekwaam is, hoe vinniger is hulle produktief binne ‘n nuwe werkplek. Sy het gesê die sentrum is leer-in-aksie en haar studente het Senwes bedank vir hul omgee en die skenking. JOE MASWANGANYI EN ANN NAIK VOOR DIE NUWE REKENAARS. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 21