Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 13

KO L L IG “ ELKE BESIGHEID HET KRISISSE EN ONS ALMAL WORD DAARMEE GEKONFRONTEER. DIT HELP NIE OM OOR DIE KRISIS TE TOB NIE, MAAR PLANNE TE MAAK HOE OM DAARUIT TE KOM. ” Skepper. Dis hier wat hulle kalmte moet soek. Geestelike berusting is belangrik en om jou probleme in die Skepper se hande te los. Planne werk ook gewoonlik as dit nie jou planne is nie, maar die Skepper s’n...” Hy filosofeer dat hierdie swaarder tye dalk ‘n teregwysing is of ‘n tyd vir nadenke of om in jou geloof te verdiep... Krisisse is volgens hom ‘n manier om jou sterker te maak as mens, maar ook in jou geloof. DIE NEEM VAN RISIKO’S Hy vergelyk boerdery en dobbel met mekaar. Jy moet ••• besef wat die risiko’s is as jy sou verloor. Vra die vrae of jy kan plant en die risiko’s kan dra – soos dobbel - six of nix? Moet jy eerder die risiko vermy, omdat jy nie kan bekostig om te verloor nie? BETER PRYSE Goeie nuus is egter, volgens Van Schalkwyk, dat die mielieprys styg en diegene wat wel oeste gaan lewer, goeie pryse kan verwag. Diegene wat se bemarkingsplan en kontrakte by die silo’s in plek is, kan moontlik die vrugte pluk van die goeie pryse. Boere moet weer kyk na hul bewerkingspraktyke, hul bemarkingsplan en wetenskaplike aanslag tot boerdery om hulle risiko’s so veel as moontlik aan te spreek. SENWES Scenario • Februarie/Maart 2015 11