Senwes Scenario Februarie / Maart 2015 | Page 12

••• KO L L I G Kry kalmte by jou Skepper... PROF. HERMAN VAN SCHALKWYK SIT OP VELE STOELE. DIE REKTORSTOEL VAN DIE NOORDWESUNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS, DIREKTEURSTOEL VAN ONDERMEER TRADEVANTAGE, IS TELEVISIEPERSOONLIKHEID IN NASIE IN GESPREK, ‘N KLIËNT BY SENWES GRAINLINK, GEREKENDE LANDBOU-EKONOOM... NICOLIZE VAN DER WALT S y CV is amper so dik soos ‘n boek. Ten spyte hiervan is dit op sy plaas in die Dealesville-Boshofdistrik, na aan die natuur tussen sy beeste, skape en mielies waar hy graag tyd spandeer. As boer verstaan hy die hart van ‘n boer, die afhanklikheid van sy Skepper en die nodigheid om te beplan vir die droë, maer jare. Hy beskryf ‘n boer as iemand met ‘n liefde vir die grond, passie vir boerdery, iemand wat vroeg opstaan, hard werk en tevrede is met lae wins op sy kapitaal omdat die liefde vir boerdery in sy are vloei. OOR DROOGTE EN VERLIES Hy verstaan te goed hoe droogte produsente op hul knieë kan dwing en is hierdie tyd vir baie boere ‘n tyd van harde besluite. “Reël een: Moenie paniekerig 10 raak nie, want dan maak jy foute. Moenie wag tot later nie. Maak nou besluite en tref voortydig reëlings met jou skuldeisers. Moenie een verlies met ‘n ander verlies finansier nie.” Hy vergelyk die proses met ‘n besering en verduidelik die bloeding moet eerste gestop word en dan moet die seerste plekke geïdentifiseer word en planne beraam word om dit gesond te kry. Waar die grootte van die mielieplante dit toelaat kan kuilvoer byvoorbeeld gemaak word. Die afrond van vee, veral aanteelvee wat tans vir baie lae pryse gaan is dalk ‘n geleentheid. STEEDS GOEIE OESTE OOK Dis belangrik om te verstaan dat elke boer se situasie verskil en gaan elke produsent in die droogtegeteisterde gebiede se besighede nie noodwendig Februarie/Maart 2015 • SENWES Scenario bankrot wees nie. Dit hang af van elkeen se reserwes, hoe hul besigheidskuld lyk en of hulle nodig gaan hê of die vermoë het om hul grond af te skaal indien nodig. “Diegene wat egter gedwing word om te konsolideer moet weer ‘n nuwe begin kan maak. Dis harde besluite wat geneem moet word. Maar weereens, die spektrum verskil. Daar is van desperate boere tot diegene wat steeds goeie oeste gaan lewer.” MOENIE TOB NIE Van Schalkwyk kan egter nie genoeg klem daarop lê dat produsente betyds besluite moet neem oor hoe om die situasie te beredder nie. “Elke besigheid het krisisse en ons almal word daarmee gekonfronteer. Dit help nie om oor die krisis te tob nie, maar planne te maak hoe om daaruit te kom.” Sy liefde vir boerdery kom deurentyd sterk na vore, maar dis wanneer hy oor sy afhanklikheid van God praat wat jy besef die proffie is nie ‘n koue ekonoom, verstrooide akademikus of aanstellerige sakeman nie. Hy is nederig. Hy is boer. In murg en been. KRY KALMTE BY JOU SKEPPER “Boere leef uit die aard van die saak na aan die natuur en hul