Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 9

“ Om te meet is om te weet. Stel vir jou stelsels op, implementeer dit en hou daarby. ” NUUS| NEWS JACO MINNAAR Kyk oorhoofs na die GROOT 5 van landbou SAKKIE VAN ZYL Fokus op die doel en VISIE van jou boerdery AC VAN WYK Kyk na hoe om ’n STRATEGIE te formuleer verhouding met ‘n vennoot is geskoei op integriteit en vertroue.” Laastens het Herman du Preez van die plaas Grysfontein naby Lichtenburg, finansiële bestuur in per- spektief gestel en aangedui dat ’n produsent gebalan­ seerd en gediversifiseerd moet wees. “Kostebestuur is regtig een van die moeilikste aspekte om te bestuur omdat die landbousektor so wisselvallig is. ’n Begroting en ordentlike boekhouprogram is kritiese bestuursinstru- mente om jou evaluering te doen. Verder is scenario­ bestuursprogramme definitief ’n aspek wat jy moet reg hê vir wanneer die moeilike tye kom. ’n Plan B en C vir die verskillende vertakkings van jou boerdery is kardi- naal. Mens moet kyk na rand en sent, jy kan nie emo- sioneel boer nie. Om te meet is om te weet. Stel vir jou stelsels op, implementeer dit en hou daarby.” Die multimedia-aanbiedinge van elk van die pro- dusente is op Senwes se YouTube-kanaal beskikbaar vir diegene wat weer daarna wil kyk. Die dag het verder ook demonstrasies deur Senwes Equipment, uitstallings van verskeie agent­skappe, ‘n spitbraai, verskeie pryse en lekker kuier saam met gaskunstenaar Appel ingesluit. Boer het behoorlik deur die are gevloei en elkeen kon pitkos kry ten einde beter bestuurs­praktyke toe te pas. NEELS FOURIE Vertel hoe hy MENSLIKE HULPBRONNE benader JOHAN VAN DER WALT Deel hoe hy BESTUURS- INLIGTINGSTELSELS vir hom laat werk JP MEINTJIES Brei uit oor VENNOOTSKAPPE HERMAN DU PREEZ Om na die video's van die verskillende produsente te kyk, besoek die skakel http://senwes.co/Groot5vanLandbou of skandeer die QR-kode Plaas FINANSIËLE BESTUUR in perspektief SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 7