Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 8

NUUS| NEWS Tema: PRESISIEBOERDERY 5 | Senwes Toekomsfokusdag Wyk, van ACH Boerdery wat sy insig raken­de strategie met ons gedeel het. AC se uitgangspunt is om met die einde in gedagte te begin en te weet waarvoor jy die strategie formuleer sodat dit jou in die regte rigting kan neem. “Werk ‘n strategie uit wat handel oor waarvan jy hou, en deel dit met jou sleutelpersoneel. Ons verwaar- loos te veel kere wat prioriteit is en fokus op die krisisse. Dink eerder analities, ontleed die situasie en prioritiseer. Jou strategie moet beter wees as die eksterne faktore wat op jou besigheid inwerk. Volg ʼn strategie waar die risikoprofiel vir jou draaglik is en dink waarheen jy wil gaan, want dit gaan vir jou soveel makliker wees om te besluit oor vandag.” Neels Fourie van die plaas Avondster in die Schweizer-Reneke distrik het meer 6 vertel oor hoe hy sy menslike hulpbronne benader en verduidelik dat die vernaam- ste uitdaging die reëls en regulasies van wetgewing, die manier hoe dinge op die plaas gedoen word en die menslikheids- faktor is. “As jy as werkgewer in en uit jou besigheid kan gaan sonder dat jy inboet op kwaliteit of produktiwiteit, is jy op die regte pad. ‘n Werker wat met jou verskil is iemand wat in sy werk begin belangstel, iemand wat dink oor hoekom hy doen wat hy doen. Laastens is konsekwentheid binne die wet krities - wat vandag geld moet môre geld, moet volgende jaar geld.” In terme van bestuursinligtingstelsels het Johan van der Walt gedeel hoe hy inligting in sy boerdery vir hom laat werk en is van mening dat dit bedrywighede, bestuur en besluitneming moet vergemak- SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 lik. “Jou inligting moet intyds wees, jou produktiwiteit verhoog en jou finansiële posisie verbeter. In moeilike tye help jou inligtingstelsels jou om proaktief op te tree en besluite te kan neem. Die persepsie heers dat tegnologie baie duur is, maar dit moet jou nie afsit nie. Gaan leer by iemand wat dit reeds geïmplementeer het.” JP Meintjes van die plaas Kruispan naby Viljoenskroon het uitgebrei op die belangrikheid van vennootskappe en ver- duidelik dat jou vennootskap met jou inset finansier, saad- en kunsmisagent en jou graan- en meganisasiebemarker, kernbe- langrik is. “Bou langtermynvennootskappe sodat daardie mense jou ken en weet jy sal in moeilike tye steeds jou verplig- tinge in die verhouding nakom. ‘n Goeie