Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 4

ALGEMEEN | GENERAL Redaksiebrief Voorwaarts, mars na 2020 en die toekoms in! T oe ek grootgeword het, het ons die televisieprogram ‘Beyond 2000’ gekyk, wat ’n blik of idee van die toe- koms verskaf het. Volgende jaar is 2020 reeds hier en daarmee saam bevind ons onsself ook midde-in die vierde industriële revolusie. Dit was Admiraal Grace Hopper, ’n rekenaarwetenskaplike, wat gesê het: “Mense is allergies vir verandering. Hulle hou daarvan om te sê: Ons het dit nog altyd so gedoen.” Ons is tans in ’n tydperk waarin ons nie altyd kan aanhou om op dieselfde aambeeld hamer nie. ’n Swaar metaalblok is onwrik- baar en glad nie grondverskuiwend nie. Dit is dieselfde om jou kop in die sand te druk as besluite geneem moet word, of in der waarheid met oogklappe aan te bly lewe. Ons lewe in ’n tydperk waarin ons amper elke minuut of daag- liks nuwe grond moet breek om die toon aan te gee. Die ander opsie is natuurlik om te sien hoe dinge uitspeel. Maar dan sit jy met die risiko om die leiding te verloor en glo dit of nie, af te sak tot aan die heel onderkant. Daag dinge uit, dink grondverskuiwend, doen dinge met oorleg anders. Raak ontslae van die allergiese reaksie vir verandering en bou aan ’n nuwe DNA wat ons nageslagte vir lank nog gaan bybly. Kom ons bou saam aan die toekoms wat teen die spoed van witlig besig is om te verander. Toekomsgroete COLUMN | RUBRIEK Uit die Woord Dans deur verandering… Lees: Filippense 3:3-11 Ds. Willie Botha EEN VAN DIE mooiste beelde van ons tyd in veranderingsbestuur is “dans”. Tydens ’n dans gee musiek die pas aan, dit bepaal onder meer die tempo, ritme, beweging en aard van die dans. Die geheim lê daarin om saam met die musiek te beweeg. Nog ’n treffende metafoor vir verandering is die see teenoor die land. Waar die land stabiel is, wissel die oppervlak van die see elke dag. Vir die skeeps­kaptein en die seiljagvaarder is die veranderende weer en see lewensbelangrik. In sy boek “Soul Tsunami”, beskryf Leonard Sweet die eise wat die kontemporêre leefstyl aan jou stel met ’n tsunami. Die skade wat die tsunami’s van 26 Desember 2004 en 11 Maart 2011 aangerig het, is nog vars in baie van ons geheues. Die meeste sal saamstem dat elke dag ons soos ’n tsunami tref. Dit kan maklik ’n gevoel van onbekwaamheid, magteloosheid en ge­brek aan beheer by ons skep. Daar is soveel veranderlikes om mee rekening te hou: brandstof- en kunsmispryse, die verande­ring in die markte. Voeg daarby die veranderende reënpatrone. Ek is bewus van plekke in die Oos-Kaap waar daar reeds vir 6 jaar gevo- er word. Indien klimaat as die gemiddelde weer oor 30 jaar beskou word, is die implikasie inderdaad dat die klimaat in daardie area verander het. Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen is om ons hou­ ding teenoor verandering te verander. In plaas daarvan om veran- dering as ’n bedreiging te sien, kan ons dit eerder as die normale sien. Iets wat jy elke dag soos die skeepskaptein gewoond moet raak. Dit is deel van landbou en dit is deel van die werk. ’n Tweede belangrike kopskuif kan wees om te besef dat elke verandering heel moontlik ’n nuwe nis oopmaak. ’n Ander geleentheid wag net om deur jou ontdek te word. Dit is ’n vaardigheid waaroor entre- preneurs by uitstek beskik. Lees en wees op hoogte van sake oor ’n breë terrein. Kennis stel jou in staat om oor ’n breër spektrum te integreer. Die belangrikste bate tydens verandering is egter om van die één saak seker te wees wat nie verander nie. God se liefde, Sy Gees se werking, Sy vergifnis. Sy troue teenwoordigheid in droogte en ander moeilike omstandighede is konstantes wat dit vir ons makliker maak om te verander en aan te pas. Ek is daarvan oortuig dat die Heilige Gees ook ’n enorme bron van kreatiwiteit is. In Filippense 3 lees ons hoe Paulus deur God verander is. Van ’n fanatiese Fariseër tot die belydenis dat sy vroeëre lewe vir hom geen waarde meer inhou nie. Om Christus te ken, oortref alles in waarde. Maak seker dat jy in ’n seisoen van verandering aan boord met Christus is. Hy is nie net die bron van ons hoop nie, maar ook die bron van ’n brein wat verandering kan inisieer, hanteer en bestuur. 2 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020