Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 37

PERSPECTIVE | PERSPEKTIEF jouself. Dit is egter te onwaarskynlik om waar te wees. Dink aan hierdie eenvoudige multikeuse vraag: Waar begin dit? A – met jouself of B – dit begin met een van die 7,7 miljard mense ter wêreld. Wat is die mees korrekte antwoord? Dit is nie te sê dit kan nie met jouself begin nie, maar dit is baie onwaarskynlik. Glo-in-jouself-beginsel - Dit is nie goeie advies of korrekte wiskunde nie. Sukses is kollektief. Die raad aan boere hier is om die toe- koms te ontwerp, buite boerdery te kyk. Dink oor boerdery, deel dit op in dele met nuwe denke rakende die inhoud (waaroor dink jy?), metodes (hoe?) en die vlak van denke (operasioneel of strategies). Dink hieroor - dit is onwaarskynlik dat ontwrig- ting van binne boerdery self gaan kom. Wat is die vierde industriële revolusie? Daar was industriële revolusies soos water/ stoom, elektrisiteit en rekenaars. Basies verander die bedryfstelsel van die industrie tydens die vierde industriële revolusie. In kort het toestelle gesprekke met mekaar, sonder jou. Toestelle gesels dat die biesies bewe, wat ook as die Internet van Dinge bekend staan. Hier is die lyn tussen wat ’n mense en masjien is, besig om te vervaag. Hoe verander dinge in die vierdie industriële revolusie? Neem dié voorbeelde: Is dit ’n belediging of kompliment? Dis jou verbeelding! In die SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 36 35