Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 36

PERSPEKTIEF | PERSPECTIVE Tyd vir verandering Dink jy na oor die toekoms? In landbou staan ons vroegdag op met ‘n lang lys goed om af te handel voor die son sak. Maar dink ons meer en meer of oor en oor oor die toekoms? Ons het by die Agri SA Kongres gaan luister hoe Morné Mostert, Direkteur: Instituut vir Toekomsnavorsing by Stellenbosch Universiteit, die toekoms sien en die produsente bietjie toekoms-touwys gemaak het.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis TOEKOMS IS ’N SNAAKSE DING H y val sommer met die deur in die huis met die kompleksiteit van die toekoms, met spesifieke verwysing na die impak van die vierde industriële revolusie, die tema by die 2019 Agri SA Kongres. Feit is dat nie slegs hulle nie, maar almal moet nadink oor die toekoms raken­ de die aard van denke, toekoms en hoe dit verskil van die hede of verlede. Die kruks is dat die manier waarop ons dink, vinnig verander en dit het ernstige implikasies vir besluitneming deur senior personeel. Dis presies waar die boer of besigheidsboer inkom. Twee waarhede en vrae oor besluite vir die toekoms  Wanneer word besluite geneem? Besluite word altyd in die huidige tyd geneem, selfs al is dit môre of gister.  Die tweede waarheid: Waarop baseer jy die besluit? Meestal op die verlede. Hierdie vorm die basis van Mostert se toe- komswetenskap, want die verlede is geba­ seer op ’n tyd wat ons nooit weer gaan 34 besoek nie. Die ekstra skop is wanneer jy uiteindelik besef vir watter tyd die besluit geneem word, die toekoms. Die manier hoe ons besluite vir die toekoms neem, behels ’n klomp faktore rakende denke en die kwaliteit van denke. kennis wat jy reeds het en dus doen jy dit uit gewoonte, sonder om eers daaroor na te dink. Jy aanvaar dit net. Dit beteken jy dink, maar tog dink jy nie regtig nie, want jy kopieer net uitgedateerde denke. DIE MODUS OPERANDI VAN DENKE Die duimreël hier is om die mag van ’n vraag te verstaan. As jy vra begin jy onder- soekend dink, dan begin die toekoms te verander. Indien jy nie vrae vra nie, eindig jy op in iemand anders se toekoms. Hoe verander jy jou denktyd? Media druk sake in jou rigting, selfs buite jou vakgebied. Dink dus buite jou eie bedryf en teen wie jy gaan kompeteer. Feit is dat organisasies wat konstant na die toekoms kyk, ander uitpresteer. Hoe doen jy dit? Bou tyd in jou skedule in om oor die toekoms te dink - onthou 50%. Is jy daar? Hoe spandeer jy jou intellektuele denkenergie? Nou dat Morné jou aandag het – hoe span- deer jy jou intellektuele energie? Die skok! Jy moet slegs 20% van jou intellektuele energie op die verlede spandeer, 30% op die hede en ’n massiewe 50% op die toekoms, dus die helfte op wat nog nie gebeur het nie. Die Opatch-beginsel van denke Opatch is ’n belangrike akroniem vir Mostert, wat staan vir Origin-Patterns- Attitudes-Traditions-Cultures-Habits oftewel Oorsprong, Patrone, Houding, Tradisies, Kulture en Gewoontes in Afrikaans. Dit gaan daar­oor om iets te doen met die SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 TOEKOMS, BEGINSELS EN DIE VIERDE INDUSTRIËLE REVOLUSIE Beplan en moenie oor die toekoms bekom- merd wees nie. Die eerste beginsel oor die toekoms is dat jy nie die toekoms kan voorspel nie. Hier het jy die gemak dat jy die toekoms kan ontwerp en die uitdaging dat indien jy dit nie gaan doen nie, gaan iemand anders dit doen. Die Cremora-beginsel – Dit is nie binne- in te vinde nie, maar eerder bo-op. Kyk eerder buite jou plaas, besigheid en land, want mens kry nie buitelandese investering van binne af nie. Oprah-beginsel – Alles begin binne