Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 34

JAG | HUNTING Eksterne temperatuur se effek op ’n geweer se groepering Verskeie faktore het ’n effek op die groeperings wat jy met jou geweer kan skiet. In vorige artikels het ons gesien dat ammunisie se spoed en patroonlengte nie noodwendig ’n groepering tot gevolg sal hê nie. In hierdie uitgawe ondersoek ons die effek van eksterne temperatuur op ’n geweer se groepering.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Jag- en wapenkenner I n die vorige 2 artikels het ons gesien dat indien ’n geweer se ammunisie ’n konstante spoed skiet, dit nie noodwendig ’n goeie groepering tot gevolg het nie. Tweedens het ons gesien dat die konstante spoed gebruik kan word om jou ammunisie akkuraat te kry deur die totale patroonlengte aan te pas. Indien jy die gewenste lading met ’n kon- stante spoed het, met ’n gewenste totale patroonlengte, kan ’n geweer baie klein groeperings skiet. Hoekom kan die kom- binasie wat as perfek beskou word, dan vir ons ’n paar maande later moedeloos maak wat groepering aanbetref? Sodra ’n geweer nie meer die grootte groepering skiet wat ons aan gewoond is nie, begin ons by die algemene moontlik­ hede. Die teleskoop is dalk los. Is die geweer se loop reg skoongemaak? Is die geweer se kolf nie dalk los nie? En so begin al die vrae in ons kop rondmaal. Geweer 1 Howa 308 24-duim loop 165 gr Ballistix Huntac koeëls. 44.5 gr S341 Kort voor lank is ons die rede vir die ongewenste groepering as gevolg van al die onbeantwoorde vrae. Maar het jy al gekyk of jou geweer nog steeds dieselfde spoed skiet met die uitgewerkte lading van ’n paar maande gelede? Indien herlaaiers ’n gewenste spoed vir hulle geweer soek, wil hulle graag hê dat drie skote se spoed met nie meer as 15 fps van mekaar verskil nie. Net so werk skuts daaraan dat hulle gemiddelde spoed op verskillende dae nie meer as 15 fps van mekaar verskil nie. Indien jou Geweer 2 Howa 308 24-duim loop 155 gr Nosler Custom Competition koeëls 48.5 gr S341 Die spoed wat die twee wapens geskiet het met die verskillende ammunisie, was as volg. Gemiddelde spoed Groeperinggrootte 2606 fps 32 mm Ammunisie in geweersak 2611 fps Ammunisie in voertuig 2656 fps 50 fps Wapen 1 Ammunisie in vrieskas Afwyking tussen min en maks 32 Gemiddelde spoed Groeperinggrootte Ammunisie in vrieskas 2829 fps 32 mm 25 mm Ammunisie in geweersak 2832 fps 28 mm 28 mm Ammunisie in voertuig 2845 fps 40 mm 7 mm Afwyking tussen min en maks 16 fps 12 mm SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 Wapen 1