Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 33

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG kan weer plaasvind. Die grootste nadeel is egter die dood van die mikrobes. Omdat grondmikrobes hoofsaaklik uit koolstof bestaan, bind daar suurstof aan die dooie mikrobekoolstof en vorm CO 2 wat vlugtig is en in die lug verdwyn. Hier­ die vervlugtiging is die grootste verlies van grondkoolstof in Suid-Afrikaanse landbou. die grond lok en vermeerder verskillende tipes grondmikrobes. Dit skep dan ’n omgewing met ’n beter balans tussen ver- skillende tipes grondlewe. Die gevolg is dat ‘n situasie ontstaan waar die gewens­ te mikrobes die ongewenste mikrobes laat verminder. Laasgenoemde kan ook help om sekere probleme soos aalwurm aan te spreek.  Minimale grondversteuring Wanneer enige wortels of gedeeltes van wortels afsterf na beweiding of aan die einde van die groeiseisoen, vorm daar lugkanale in die grond wat deurlugting veroorsaak en ook die grond se vogin- dringingsvermoë baie verhoog. Dit is be­kend dat daar aerobiese en anaero­ biese mikrobes in die grond voorkom en sodra grond byvoorbeeld geploeg word, beland die verskillende mikrobes in ongunstige suurstofvlakke en gaan dood. Verder word al die lugkanale en grondstrukture wat gevorm is, deur die ploegaksie verbreek en grondverdigting  Implementering van ’n veefaktor Daar is ’n balans tussen bogrondse plantmassa en die hoeveelheid onder- grondse wortels van plante. Sodra diere van die bogrondse blare en stingels vreet, verklein die fabriek wat die suikers moet produseer en sterf daar van die fyner en swakker wortels onder die grond af omdat daar nie genoeg energie beskikbaar is nie. Sodra daar weer nuwe blare gevorm word, groei daar weer nuwe wortels en so gaan die proses aan. Hierdie wortels wat afsterf, bestaan ook uit koolstof en is deel van die grondkoolstofopbouproses in die grond. Diere wat dekgewasaanplantings bewei, versnel dus die hele grondkoolstof- proses onder die grond, maar help ook met die afbreek van enige plantreste wat bo die grond beskikbaar is deur die dier se spysverteringskanaal, tot ‘n medium wat dan baie makliker afbreekbaar is vir die grondmikrobes. Dekgewasmengsels moet oordeelkundig saamgestel word met die klem op grondgesondheid, maar ook om as ’n hoë kwaliteit weiding gebruik te kan word. Produsente kan dan hierdie aspek ge­bruik om ekonomiese vergoeding vanaf die diere terug te kry, terwyl die gronde verbeter en opgebou word. Agricol het die Agrilife Grazer dekge- wasmengsels ontwikkel om aan die vol- gende kriteria te voldoen: • Agrilife Grazer 12 is ’n somermengsel wat bestaan uit ’n basis van verskil- lende voersorghums, babala, akker- bone en ook sekere peulgewasse. Die mengsel kan geplant word vanaf Oktober tot Februarie. • Agrilife Grazer 2 is ’n wintermengsel wat bestaan uit verskillende groei­ lengtes hawers, stoelrog, radyse en ook wieke. Planttyd is vanaf Februarie tot einde Mei. • Agrilife Grazer 21+ is ’n gevorderde multispesie grondopboumengsel met 21 en meer verskillende gewasse, wat somer- en wintergewasse insluit. Die beste planttyd vir Agrilife 21+ is Januarie en kan weiding of bedekking verskaf tot einde Oktober. Hierdie mengsel is ideaal om te gebruik by oorlêlande. Deur die drie hoofgroepe plantspesies te gebruik, naamlik grasagtige tipes, knolgewasse en ook peulgewasse, word grondgesondheid baie vinniger verbeter. Die kombinasie verskaf ook ‘n baie hoë kwaliteit weiding vir vee. Onoordeelkundige samestelling van mengsels kan maklik plaasvind as daar nie van die verskillende gewaseienskappe in ag geneem word nie, soos: plantdigt­ heid, planthoogte, groeiwyse, groeitempo, kompetisie, ligbehoefte, sinergisme, alle- lopatie en duplisering en dit kan veroor­ saak dat die regte resultate nie verkry word nie en boere mag die gevoel kry dat dit nie werk nie. Verder is dit ook belang­ rik dat die produk steeds bekostigbaar moet wees. Die grootste uitdaging van die aanplant van dekgewasmengsels is die beskik- baarheid van ideale grondvog en ook die feit dat grondvog opgegaar moet word vir die volgende graangewas. Deur die hoogte van die dekgewas te beheer met beweiding, sal die waterverbruik van die dekgewas verlaag word, maar dit moet op so ’n manier gedoen word dat die gron- doppervlak nie te veel blootgestel word en verdamping weer verhoog nie. Omdat die grond se waterhouvermoë verdubbel met elke 0.5% toename in koolstof, sal gronde waarop die reëls van grondg- esondheid toegepas word, later meer water opgaar as lande wat braak lê. Grondopbou is egter ’n lang proses en daar is nie ’n kitsoplossing nie. Die imple- mentering van dekgewasse is ’n stap in die regte rigting en ook ’n oplossing vir onderpresterende gronde. Kontak gerus vir Dawie du Plessis by 071 852 1707 of jou naaste Agricol-agent, of besoek die webtuiste by www.agricol. co.za vir ’n aanbeveling in jou area. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 31