Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 29

NUUS| NEWS van die mees komplekse vertikale voren- toe en terugwaarts geïntegreerde maat­ skappye in die land. Die makro-ekonomiese toestande was nie ideaal nie en teen 1998 was die prima rentekoers op 24%, wat nie goeie nuus vir die skuldbelaaide balansstaat van Senwes was nie. Voorts het sektore soos die motorbedryf ’n insinking beleef weens hoë finansieringskoste en die voedselny- werhede het pryse en gevolglik marges ondersny om te probeer oorleef. Kolosus het ’n reuse Amerikaanse dollar-eis opge- loop vanaf ’n mededinger, wat met elke verswakking in die wisselkoers verder in randwaarde verhoog het. Kliënte se swak finansiële posisie, wat gepaard gegaan het met hoë rentekoerse, sowel as ’n droogte in die laat negentigerjare, het die vrae oor die vorderingsvermoë van die Senwes kredietboek laat ontstaan. Toetse op die IT-stelsel het ook aangetoon dat Senwes nie die Y2K-omskakeling sou slaag nie. “ Dit is voorwaar so dat as iets jou nie doodmaak nie, maak dit jou sterk. En dit is beslis so dat die korporatiewe geheue van wat 20 jaar gelede amper die maat­skappy gesink het, steeds in die agterkop is in die soeke na nuwe groeigeleenthede en dat dit bepalend is vir die Senwes van die toekoms. andere Country Bird, Continental Oil Mills, Senwesko Voere, grondboontjiebotteraan- legte, Heinz Frozen Foods skyfie-aanleg, sitruspakhuise, wynkelders, Profert met vier gevestigde mengaanlegte en motor- handelagentskappe in handelsname soos Toyota, Nissan en Volkswagen. Verder is die skuldbelaaide Vaalharts Koöperasie oorgeneem, voermeulens, saadfabrie­ke, sentrale pakhuise, ’n belegging in Mosam­ biek - Sabawes - en selfs ’n IT-dienste­ maatskappy, PQ-Senwes, was deel van die diversifikasie- en uitbreidingsplanne. Beleggings is gemaak in verskeie voedselverwante nywerhede teen hoër PV’s as die OTC-verhandelende land- ” bouaandele en dit was destyds die sie­ ning, en lank daarna, dat ’n wyd gediver- sifiseerde voedselgroep meer waarde sal ontsluit as ’n gefokusde landboudienste- groep. Later sou die mark meer hou van ’n kerngefokusde portefeulje. PROBLEME OP DIE HORISON As die tempo van verkryging in ag geneem word, was dit baie indrukwek- kend. Die diversiteit en kompleksiteit van so ’n portefeulje was egter ’n buitenge- wone uitdaging. Dit het besonderse vaardigheid en indiepte kennis van elke bedryf met sy eie dinamika geverg en op daardie stadium was Senwes seker een LAAGTEPUNT 2001-2002 Teen Oktober 2000 was dit duidelik dat Senwes se skuldvlakke buite beheer was en dat daar redelike waardedalings op verskeie gebiede geneem sal moet word. Die raad van direkteure is verander deur die aandeelhouers en nuwe bestuur is deur die raad in plek gestel, maar dit sou eers heelwat slegter gaan. Die vier groot banke het ’n konsortium gevorm en besluitneming is weggeneem van bestuur en teruggetrek na die kon- sortium self. Die renterekening was so hoog as R10/sekonde of R1 miljoen/dag. Die laagtepunt was sekerlik Desember 2002, toe daar skaars genoeg fondse was om salarisse te betaal. Reëlings moes die hoeveelste keer met verskaffers van produkte getref word en alle kortings en rabatstrukture moes opgeoffer word in die proses. SPEKULEERDER SE DROOM Teen dié agtergrond het die Senwes aandeel inmekaargestort en kon aandele op ’n insolvensieveiling van ’n produsent skaars 7c/aandeel behaal. Ironies sou ’n miljoen aandele jou ongeveer R70 000 28 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 27